Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2018 – Liefdes projek(Bladsy 5)

Al die kommersiële bohaai aangaande die maand van liefde kan ‘n demper plaas op die werklike skoonheid en waarde van die liefde, daarom is dit die plig van skrywers en digters om die liefde te omskryf soos dit werklik ervaar word.

Digters:
skryf in enige vorm ‘n gedig wat ware en werklike liefde omskryf sonder om in die strik van soetsappigheid te trap. Skep nuwe en opwindende metafore, neologismes en vergelykings om jou siening oor liefde te verwoord. Let op die basiese reëls van poësie maar dink en skryf vernuwend.

Skrywers:
Skryf ‘n vonkfiksie van nie meer as 200 woorde nie oor die wonder van ‘n eerste liefde.

Rubriekskrywers:
Skryf ‘n artikel oor die bestaansreg (al dan nie) van die gebruik van Valentynsdag in ons moderne samelewing.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

al sou elke rivier leeg loop tot daar niks oorbly – geen water, alg of vis nie en al sou die sterre, son en maan hulself in duisternis versteek of ophou om te wentelbaan – selfs dán sal ek verlang kon ek die grense van die heelal peil, die middelpunt bepaal, geheimenisse daaruit haal? selfs […]

Onbaatsigtige liefde en omgee dit gaan oor die herinneringe in hul harte God se beloftes van liefde, vergifnis en vrede Hulle liefde vir mekaar, is sterker al het die tyd hulle agter gelaat hul durf en deursettingsvermoë, deur beproewinge hul weë wel gekaart Hulle wêreld het gekrimp maar dit het nie hul harte verdroog in […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed