
Liefdesdief
al sou elke rivier leeg loop
tot daar niks oorbly –
geen water, alg of vis nie
en al sou die sterre, son en maan
hulself in duisternis versteek
of ophou om te wentelbaan –
selfs dán sal ek verlang
kon ek die grense van die heelal peil,
die middelpunt bepaal,
geheimenisse daaruit haal?
selfs dán sou ek nog oor jou wonder –
selfs al sou ek wis
waar bo is, teenoor onder
en al kom daar ook ‘n tyd
dat alle mense een taal praat
geen Engels, Spaans, Frans of Afrikaans
– dalk praat almal net Sjinees –
(dit sou ondraaglik wees)
nogtans sou ek stééds bly hunker
en aan die einde van die dae
wanneer alle sonde (hopelik) bely is
en elke boetedoening wel aanvaar,
selfs tot dán
sal ek jou nog liefhê –
vir jóú, my skuldenaar
© Carma Shaw
17 Maart 2015
5 Kommentare
-
Loretta Szikra
Baie baie mooi Carma!
-
Somerreën
Puik gedig die.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek