Jongste aktiwiteit:

Verlore brief in ‘n bottel

Die waarheid is
niks minder as die klop
van jou hart –
ek hoor dit ook
met elke son wat sak
is die wonder van ‘n einde
‘n slinternuwe begin.

Mense soos ek en jy
was nooit gemaak om te huil
of te skuil –
“we were set to sail”
vat my hand;
my naam het ek reeds verpand.

Uit ‘n volgroeide vaart
kon ek koers hou op die maat
van ‘n lewe wat praat
tussen lief en haat;
om ‘n toring in Babel
(dis immers die heel eerste fabel)
digby die vervreemde tafel.
Voor ons mekaar nou van als ontneem
en van self kon vervreem.

Laat die stof my een wees
want dit wat jy sien
het my hart lankal reeds vergeet.

Blind,
was my siel dan weer blind?




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed