
afrika se gees
aardbewings rondom ons
oos van ons ses punte op skaal
wes van ons sewe punte op skaal
suid van ons vyf punte op richterskaal
afrika is geseënd – wag dalk op die ou grote
wat sy hart van noord na suid in twee kan skeur
slenkdal dalk vergroot in nuwe seeweg
nuwe los kontinent gaan afskeur
van kairo tot by durban verby
gaan berge dalk dreun en val
see deur seeweg stroom
afrika se gees ontsnap
wie sal weet
wie gee om
Hy is in beheer
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.