Jongste aktiwiteit:

Posts tagged "Wetenskappe"

in my tuin groei wortels in vuil grond stoot waterige mikro voedsel op vir suiwer lug produksie sonder die proses is lewe dood gurus met soomlose hemde in steriele potgooi studio’s pontifikeer oor mikrofone ongeag die werklikheid dat alles in die eter moontlik is die ambisie is produksie van vars lug profesies van vars kennis […]

die organisme is anorganies met elektrisiteit bloed die dele is plastiek aaneen geskarnier vir gemaklike drie dimensiele bewegings multi afstand sensors skree waarskuwings verseker so die uitvoer van komplekse take herhalend ongeag die gevolge die tegnologiese ontwikkeling is oogverblindend vinnig meteories verbeter die meganika beelde versterk in mega pixelgrepe inligting blits gbps op en af […]

in plante bepaal xileem sappe groenblare in rivierlope bepaal megaliters per sekonde watervoorrade in ligstrale bepaal watt per blokkie warmte in are bepaal 365/24/7 kloppe lewe in sinapse bepaal mikro vonke godgegewe kognisie** *xileem Definisie: die houtweefsel wat water en minerale in plante vervoer Drietalige wynindustriewoordeboek **kog·ni·sie s.nw. [geen meervoud]
funksie van waarneem/ken/weet. Handwoordeboek van die […

die argitek meet van hoek tot kant dak na fondasie vlak bepaal digitaal die potentiële skaal die bouer staar soek kortpad om elke hoek bevraagteken die argiteekplan lawaai oor boumetodes die klient frons verlaag afmetings rekords hersien die ramings maar hou die oorspronglike plan dié drie stry oor griere en die werklikheid net taai sweet […]

die heelal is onomvatbaar, lig jare is daar fraksies hier onbereikbaar. die kleinste fraksie is ontelbare atome, nog kleiner elektrone hier vervat as ń heelal. alles vermeng met almagtige potensiaal wat verval na kosmos kompos en lewende DNA.

– mistiek van die see stories van meerminne verlore seemanne vervloë afgode van die wye oseaan totale onbekendheid daarvan dui op mens se tekort aan kennis van al die branders van die see lê mens se kennis braak maar mens se gedagtes wek vals gesigte op in virtuele realiteit speletjies wat lok kinder gesiggies tot […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed