Jongste aktiwiteit:

Boodskapper

Boodskapper
Nadat Professor Gertrudes Johannsen van die Instituut van Seismotegniek die verslag vlugtig deurgekyk het, sit sy vir ʼn paar oomblikke versteend. Dit is die ‘onmoontlike’ in letters vasgevang, maar sy weet die ‘onmoontlike’ is nie die verslag self nie, dit is die gevoel dat sy hierdie verslag voorheen gesien het, gelees het wat haar versmoor.
In haar is daardie gevoel wat sy nie ken nie, maar wat sy terselfde tyd wel ken, iets wat haar hele metabolisme aanraak, haar kort asem laat voel, haar ʼn gevoel gee dat sy op die punt is om iets kosbaars te verloor, of te wen, sy weet net nie wat dit is nie.
Dan met amper bomenslike inspanning skud sy dit af, dwing sy haar hele wese om terug te kom, om Professor Gertrudes Johannsen te word, die Professor Johannsen wat sy die afgelope tien jaar is.
Sy vou die verslag toe en slaan dit met mening op die lessenaar, “Wie die duiwel het hierdie inligting uitgelek,” en beide mans sien die trek van woede op die mooi gesig.
“Toe julle is die FBI, waar kom julle aan hierdie inligting?”
Roscoe Somers blaas sy asem stadig uit, “Niemand het niks uitgelek nie Professor, kyk na die verslag se datum.”
Gertrudes vou die verslag weer oop, kyk na die datum, en swaai onmiddellik haar kop in ontkenning heen-en-weer.

10 Oktober 2000

Dit slaan haar weer waar sy nie kan keer nie, ‘Here wat is dit, wat is aan die gang. Dit is in Oktober 2000 wat sy die Universiteit verlaat het, daar waar sy haar hele lewe wou bly, daar waar sy weet sy gelukkig was, geliefd was’, en sy voel die paniek in haar, die vrees vir wat in Oktober 2000 met haar gebeur het, dit wat sy nie kan onthou nie, dalk nie wil onthou nie.
Dan skud sy, ‘vandag se Professor Gertrudes Johannsen’, die onverbiddelike hoof van hierdie wêreld klas Instituut, die gevoel weer met mening af.
“Moet ʼn tikfout wees, kan definitief nie in 2000 wees nie.”
Roscoe Somers se stem kom beslis, “Die datum is korrek Professor.”
Haar stem dra daardie toon van meerderwaardigheid, “Hoe sal jy weet?”
Roscoe Somers weet, hy wil definitief nie in ʼn woordewisseling met hierdie vrou betrokke raak nie, en hou sy stem gelykmatig, “Die verslag was vanaf Oktober 2000 in ʼn kluis in my kantoor toegesluit, Professor.”
Die meerderwaardigheid gaan oor in ʼn effense vermakerigheid, “Nee, nou is ek verward, help my uit, jy, die FBI, het hierdie verslag vir tien jaar, en ons sien dit nou eers, hoekom nou eers?”
Roscoe Somers ken hierdie vrou, selfversekerd, outoriteit op haar gebied, gewoond om haar sin te kry, oordonderend wanneer dit kom by haar sin kry, en hy wonder vir ʼn oomblik oor alles wat hulle van haar gehoor het. Mees geliefde en gerespekteerde Professor op MIT ooit, op een dag, en ʼn wrak die volgende. Dan weer na maande se afwesigheid is sy terug met ʼn totale ander persoonlikheid, en vat sy hierdie pos, en word sy die mees gerespekteerde wetenskaplike op haar gebied ooit, maar die koudste, ongenaakbaarste mens ooit.
Hy weet na weke se ondersoek na haar verlede, en sy persoonlike getop oor die feite, het hy ook geen antwoord nie, nie oor haar lewe, of die verslag nie, en hy laat dit daar.
“Die Buro, of in werklikheid die Hoof van die Buro, het nie gedink die verslag is waar nie, en wou dus nie ʼn verslag wat paniek kon veroorsaak openbaar maak nie.”
Gertrudes se gesig verander skielik, weg is die vermakerigheid, net die verbasing bly oor, “Hoekom nou, waarom sal julle dit nou na ons bring?”
Roscoe sien die versagting op die gesig, en hy weet nie wat om in hierdie vrou se optrede te lees nie, “Omdat daar verskeie insidente plaasgevind het oor die afgelope jaar, wat die verslag voorspel het sal gebeur in die oploop na die hoof gebeure.”
“Soos,” en nou is daar belangstelling op die gesig.
“Die feit dat die aanwesigheid van Hilium op Mars in 2008 gevind sal word, dat verskeie planete van baan sal verwissel, dat aardkors aktiwiteit in Sudan in 2008 sal begin, en die pas afgelope aardkors verskuiwings in die Samoaanse en Australasiese plate.”
Gertrudes weet, soos hy die ooreenkomste met die verslag geïdentifiseer het die afgelope maande, het ook sy vir ʼn onverklaarbare rede met elke gebeurtenis geweet dit kom, was sy elke keer ʼn stap voor die gebeurtenis. Briljantheid het sy en almal gedink, maar sy weet nou, iets in Oktober 2000 het haar laat weet, en skielik is dit lewens belangrik dat sy probeer terug gaan na Oktober 2000, maar sy weet sy kan nie, kon die afgelope tien jaar nie.
Daar is ʼn moegheid in haar stem, en Gertrudes weet waarom, en sy bid daar is wel ʼn naam gekoppel aan hierdie verslag, “Wie het hierdie verslag geskryf?”
Die effense skud van die kop, vat al haar hoop weg, “Ons weet waar dit vandaan kom, maar nie presies wie die outeur is nie.”
Gertrudes voel die tamheid van tien jaar se probeer onthou, ‘Hulle weet werklik nie, net soos wat sy nie weet nie,’ en sy laat dit gaan.
Sy voel die onrus in haar, die bietjie wat sy gelees het, plus die gebeure die afgelope maande, en ook haar voorgevoel met soveel van die gebeure, laat haar die verslag glo, en dit maak haar geweldig onrustig, nie net vir die wêreld se onthalwe nie, maar veral vir haar eie welstand, haar balans wat sy in 2000 verloor het, en wat sy in tien jaar nog nie heeltemal herwin het nie.
Sy weet sy is moeg tot in haar diepste wese, en sy moet nou tyd maak om tot haarself te kom, “Wat wil julle van die Instituut hê?”
“Bevestiging dat die verslag korrek is.”
In haar is die vrees terug, “God weet ek hoop nie so nie, ons sal dit in diepte moet studeer om te bepaal presies wat dit sê.”
Sy stem is verskonend, maar hy is beslis, “Ons soek ʼn antwoord in agt-en-veertig uur, indien die verslag korrek is, is die Afrika kontinent soos ons hom ken, se tyd verby, en binne onafsienbare tyd daarna ook die res van die wêreld. Wat ook al gaan gebeur, gaan so groot wees dat dit die res van die wêreld weldra sal dood, dit is wat ons verstaan.”
Roscoe sien die bleekheid van die gesig, sien die wisselende emosie, en skielik is hy jammer vir haar, en hy weet nie waarom nie, “Kan ons Donderdag middag ʼn antwoord kry.”
“Ons sal probeer, waar wil julle ontmoet,” en die stem is moeg, amper gestroop van emosie.
“Weer hier, indien dit reg is.”
Sodra die twee mans uit sig verdwyn, druk Gertrudes die interkom knoppie en ontbied sy Professor Herman Frey en Professor George Brandt na haar kantoor.
Sy stap en maak twee verdere kopieë van die verslag, wat sy weet is dat hierdie verslag definitief nie nou openbaar gemaak moet word nie.
Albei mans is sprakeloos wanneer hulle na ʼn paar minute wat dit hul neem om vlugtig deur die verslag te kyk opkyk.
“Waar kom hierdie verslag vandaan Gertrudes?” Vra Herman Frey.
“Weet nie wie die ouditeur is nie, maar kyk na die datum van die verslag.”
Herman skud sy kop voor hy praat, “Nooit, dit moet ʼn tikfout wees, kan nie in 2000 geskryf gewees het nie. Ons het eers vanaf 2008 die tekens begin sien.”
“Ek weet, maar die verslag is reeds vanaf 2000 in die besit van die FBI, so die datum is eg.”
Sy neem die paar sekondes om die twee mans geleentheid te gee om oor hulle skok te kom, “Ons drie moet hierdie verslag in detail deurwerk, die raakpunte met ons werk identifiseer en ʼn intensiewe analise maak van wat die ergste scenario sal wees indien die verslag waar is.”

Dit is na twaalf in die nag, wanneer Gertrudes die verslag toemaak, sy sit dit vir een oomblik teen haar hart en soen dit sag, ‘Vir jou die skrywer van die verslag’, flits dit deur haar gedagtes.
Sy voel ʼn warmte teen haar rug, voel die teenwoordigheid aan, maar wanneer sy omdraai is daar niks nie, en skielik vir een enkele millisekonde is die beeld in haar diepste herroep, en sonder dat Gertrudes weet val die trane spontaan uit haar oë, voel sy die gemis aan iemand soos ʼn fisiese pyn.
Sy staan ʼn baie lang tyd stil ‘Here as dit jy is, bly by my,’ flits dit deur haar gedagtes en wanneer sy haar oë toemaak voel sy een enkele oomblik die warmte teen haar wang, en dan is dit weg.
Sy maak haar oë oop, voel die klopping van haar hart, en voel geen vrees nie, net verwondering, en sy weet iets wat lank gelede gebeur het, is besig om weer te gebeur, om haar, en met haar.
Sy sit die verslag in haar tas, en verlaat die kantoor. Sy voel ʼn geweldige kommer in haar oor die strekking van die verslag, maar ook ʼn opgewondenheid wanneer sy dink aan die genialiteit van die outeur van die verslag, en daar is ʼn verwagting in haar wat wag dat iets groots moet gebeur, en weer kry sy die gevoel, dit het al gebeur, dit is soos ‘dejavu’.
Sy dink aan die konsepte in die verslag wat sy nog nooit van gehoor het nie, of het sy? Nuwe konsepte in die kosmiese wetenskap, en sy wonder oor sulke briljantheid, of is dit iets anders, iets bonatuurliks, en sy vat onwetend aan haar wang, daar waar die warmte was.
Sy weet nie waarom nie, maar dit laat haar opgewonde, en sy weet dat sy hierdie persoon wil ontmoet, moet ontmoet, dalk ‘weer’ moet ontmoet.

Die drie Wetenskaplikes wag reeds ʼn paar minute, wanneer Roscoe Somers en twee ander agente die konferensie kamer instap.
Die gevoel onder die drie Wetenskaplikes is dieselfde, briljante verslag, indien dit waar is, maar ook ʼn onmiddellike oordeel oor die aarde in sekere dele van die wêreld. Kan dit voorkom word indien dit waar is, wat is die moontlikhede?
Gertrudes gee ʼn volledige opsomming van hul ontleding en hulle bevindings, “Ongeveer veertig persent van die gebeure wat gelys is, het reeds plaasgevind, presies soos in die verslag uiteengesit, die verslag is nie gebou op versinsels nie, dit is seker”
Die kommer is terug in haar, ‘Hoe is dit moontlik dat ʼn enkele outeur, al hierdie verskynsels en variasies amper tien jaar gelede reeds voorspel het, en hulle, die Instituut, waar honderde mense vier-en-twintig uur per dag, net daaraan werk, is nie in staat om dit te identifiseer nie?’
Wanneer Gertrudes hulle bevindings volledig bespreek het, volg ʼn paar oomblikke se stilte, elkeen met sy gedagtes oor die felheid van die verslag.
“Wat stel julle voor Professor?”
“Wel ons gaan onmiddellik ons observasies versterk, en elke variansie met meer intensiteit bestudeer, maar ook nou ernstig kyk na die verband tussen die kosmiese variasies en die aardkors versteurings. Probleem is net, dit is twee verwyderde velde, en om die verband te trek, indien daar nie een persoon is wat albei velde verstaan nie, sal moeilik wees, en ook maklik veroorsaak dat ons belangrike tekens nie met mekaar in verband bring nie, soos hierdie verslag duidelik wys ons nie het nie.”
“Wat het julle nodig?”
“Ons en die Instituut vir Seismologie moet onmiddellik ʼn gesamentlike studie begin, ʼn span intrek in een gebou, en as span skouer aan skouer werk.”
“Dit sal ons reël,” kom dit bevestigend van Roscoe.
“Die belangrikste, ons soek ʼn genie, iemand wat albei velde kan saamsnoer,” en sy kyk met verwagting na Roscoe, “Wat van jou verslag skrywer, is dit ʼn genie of is dit ʼn waarsêer, of is dit ʼn bonatuurlike wese,” en sy voel die warmte teen haar, en sy sien die verbasing in die ander se oë vir hierdie ander Gertrudes, die opgewonde amper uitgelate Gertrudes, en hulle ken haar nie, en sy kan nie teen die gevoel van onwerklikheid veg nie.
Sy herken die gevoel van warmte teen haar rug, en die een oomblik se millisekonde beeld is in haar, en dit vat haar ver terug in haar verlede, en skielik is sy nie meer bang daarvoor nie.
Roscoe se stem dring stadig tot haar deur, “Weet waar die genie is, maar weet nie wie dit is nie, maar weet ook dat ons nooit kan ingaan waar die outeur is nie.”
Herman Frey se stem verbreek die stilte wat ontstaan na Roscoe se woorde, “Hoe bedoel jy?”
“Soos die Vatikaan, is dit ʼn land, in ʼn land, waar niemand sê het nie. Daar is ʼn kasteel in Skotland, wat absoluut soewerein is, onafhanklik is, en deur die Skotte sowel as die konings huis, en die hele wêreld as ʼn soewereine ‘Land’ erken, en beskerm word, dit is waar jou outeur is.”
Gertrudes weet, dit het sy nie geweet nie, maar sy weet iets wat met haar in Oktober 2000 gebeur het, het te doen met die outeur wat in daardie kasteel is.
Dit is met nuwe hoop, “Wel dit sê daar is iets groots agter hierdie verslag.”
Sy huiwer een oomblik, “Roscoe dit is ontsettend belangrik dat ons hierdie persoon sien. Daar is konsepte in die verslag wat geen een van ons ken, of verstaan nie. Dit beteken selfs met die verslag, sal ons van die tekens mis. Dit is ʼn geweldige probleem, jy moet ons daar inkry,” en met iets in haar stem om hom te oortuig, “Vir die voortbestaan van die aarde soos ons dit ken se onthalwe.”
“Professor, niemand kan jou daar inkry indien die skrywer self jou nie inlaat nie, vergeet dit.”
“Sekerlik indien dit iets soos hierdie behels, het ons sê in die saak.”
“Nie eers al behels dit wat nie, Amerika, of geen ander land, kan vat aan daardie kasteel of inwoners van die kasteel nie, en dit is dit, aanvaar dit so,” en Roscoe Somers onthou agt jaar gelede toe hy wel na die outeur gaan soek het, en die verwondering lê steeds in hom, al het hy nooit die drumpel van die kasteel betree nie, onthou hy die gevoel van die nabyheid, die wete dat hy nie alleen was nie, die wete dat iemand, of iets, by hom was, en by hom gebly het al hierdie jare.
Hy skud dit af, kom terug na vandag, en sê meer om haar te troos, “Maar Professor, ek sal wel my superieur vra om deur die mees senior kanale te probeer om wel ʼn versoek na die kasteel deur te stuur, maar ek beloof niks nie,” en sy voel die teleurstelling, maar vir die eerste keer in ʼn baie lang tyd, en teen haar natuur, aanvaar sy dit vir nou.

Hier waar Gertrudes in die vliegtuig op pad na Skotland sit, herleef sy weer haar aanvanklike verergdheid, omdat sy, Gertrudes Johannsen, nie haar sin kon kry nie, maar onthou sy ook die gevoel van warmte teen haar rug, dit wat aanvaarding daardie dag tydens die gesprek gebring het, onthou sy weer daardie eerste paar dae se verwondering en die onwerklike gevoel van vreugde in haar, van uitsien na iets wat sy nie kan verstaan nie.
Haar gedagtes loop terug na die weke wat gevolg het om die nuwe gekombineerde navorsings afdeling aan die gang te kry, die wete dat hulle groentjies was sover dit die begrippe in die verslag geraak het, en die eindelose wag om te hoor of die skrywer van die verslag hulle hoegenaamd sou sien.
Sy sluit haar oë, worstel met daardie een iets wat sy nie kan verklaar nie, haar soeke na haarself, na die Gertrudes voor Oktober 2000, na die Professor wat die studente so geniet het, die een wat gedink het die lewe was volmaak. Sy dink aan haar soek, die lees van alles wat gebeur het in 2000, en sy weet daar is ʼn gaping in haar geheue. ʼn Donkerte wat een maand van haar lewe ingesluk het, sy voel, die belangrikste maand van haar lewe, en sy voel die klop van haar hart, ‘Wat was dit Here, wie was dit,’ en sy weet nie, en niemand anders weet nie.
Toe gister Roscoe se oproep, “Ons moet dadelik vlieg, die skrywer van die verslag sal ons more sien, pak klere vir ʼn week.”
Haar aanvaarding van die onverwagte, dit wat haar die afgelope tien jaar tot in haar siel vererg sou laat voel het, net die opgewondenheid, die vreugde, dit was al wat sy gevoel het, en sy is steeds verbaas daaroor.
Die jaag huis toe, die inpak, en die jaagtog na die lughawe om betyds vir die vlug te wees, en deurgaans die afwagting, die onbeskryflike gevoel in haar na die ontmoet van hierdie mens, en sy het vrede daarmee gemaak.

Sy voel die moegheid in haar, maar weet sy sal nie kan slaap nie, daarvoor is sy te opgewonde, te vasgevang in die vooruitsig om hierdie ‘genie’ te ontmoet. Sy sien uit na die ontmoeting, sy weet, sy is ʼn outoriteit op haar gebied, die jongste vroue wetenskaplike wat ooit enige Instituut se hoof was, maar sy weet, die outeur van daardie verslag is soveel meer as wat sy ooit kan wees.
Die laaste gedagte voordat sy tog in ʼn diepe slaap verval, is dit wat Roscoe haar van hulle destinasie vertel het.
Die kasteel dateer uit die jaar 681, is geleë 160 voet hoog op rotse, bo die noord-see op die noord-oos kus van Aberdeenshire in Skotland. Die enigste toegang is ʼn baie nou stukkie land wat die rotse aan die vasteland koppel, en vanaf ʼn klein rotsagtige inham vanaf die see, en onwetend droom sy ʼn droom wat haar vat na ʼn land, ʼn mens van onbekendheid, bewusteloosheid.
Roscoe Somers kyk na die klein perfekte gesiggie hier langs hom waarop soveel emosie hier in haar diepe slaap speel, hy weet hierdie perfekte mens, die verslag skrywer, en Oktober 2000, het ʼn verband. Iets bo die gewone mens se bewussyn, en hy kyk na die slankheid van die perfekte figuurtjie, en hy wonder wat verkeerd geloop het met die briljante geliefde Professor Gertrudes Johannsen in Oktober 2000. Die opdrag was duidelik daar tien jaar gelede, ‘Gee dit vir Professor Gertrudes Johannsen, tien jaar van vandag af’, en toe was Gertrudes Johannsen nie eers die hoof van die Instituut nie.
Wanneer Gertrudes wakker skrik, is dit net wanneer Roscoe Somers oor buk om haar wakker te maak, “Ons is besig om te daal, ons moet ons sitplekke regop kry en veiligheidsgordels vasmaak.”
Sy sit vervaard orent, sy kan nie glo sy het midde in al die opgewondenheid wel aan die slaap geraak nie, maar sy het, en dit verbaas haar, sy Gertrudes wat byna nooit slaap nie, definitief nie op ʼn vliegtuig nie, en die gevoel is daar, die wete dat sy naby die antwoorde is.
Die motor rit na Aberdeenshire gaan in ʼn waas van reën en koue verby, dit is einde November en die winter temperature huiwer in die omgewing van nul grade.
Dit is hoog skemer wanneer Roscoe die gehuurde motor van die A92 swaai, en koers kies see se kant toe. Die kasteel is skielik voor hulle in die skemer, en Gertrudes voel die verbasing, dit is baie groot, en baie hoog, maar dit alles word oorheers deur die vreugde in haar, om hier te wees.
Hulle word deur vier wagte by ʼn waghuis met ysterhekke voorgekeer.
Roscoe wys die uitnodigings brief deur die venster en albei se paspoorte word geneem.
Gertrudes voel die vreemdheid, voel die verwondering oor ʼn plek soos hierdie, in hierdie wêreld, wat is in hierdie kasteel, wat het alles in ʼn plek wat ʼn duisend vier honderd jaar oud is gebeur, wat het die inwoners van so ʼn plek alles beleef, en haar gedagtes soek na haar droom se kennis, maar dit ontwyk haar bewussyn.
Die ondersoek van die paspoorte is verbasend vinnig verby, en die hekke skuif stadig en geruisloos oop tot die volheid van die geboue voor hulle lê. Asemrowend weet Gertrudes en Roscoe Somers, en albei besef hoe uitgesonderd hulle is om hier in te gaan, hierdie plek wat aan Roscoe Somers beskryf was as die ‘Ingang na die begin van die mensdom’.
Skielik is die vraag terug by Gertrudes, ‘Wie is hierdie mens, wat is hierdie wêreld, en wat het dit met haar te doen?’
Die motor rit is besonder kort, en hulle word tot stilstand gewuif net voor die majestueuse gebou, en wanneer die wagte die deure oopmaak, word hulle versoek om uit te klim en te-voet saam met die twee wagte die gebou binne te gaan.

Die oomblik wanneer hulle die vertrek betree, tref die ongeloof hulle. Die vertrek is baie groot, en is gemeubileer met antieke meubels wat onbetaalbaar moet wees. Albei besef onmiddellik, hierdie gebou is die ingangsportaal na die kasteel wat iewers agter die vertrek in ʼn skemer waas weggesteek is.
Skielik is die “Dejavu” weer daar, skielik is die gevoel van warmte teen haar wang, dit wat sy by herhaling oor die afgelope tien jaar beleef het, en ʼn onsettende leegheid vat skielik aan haar, so asof hierdie warm aanraking haar lewens verandering gebring het, en sy sit haar hand teen haar wang, en sy wens haar ou wens.
Hulle volg die wagte wat hulle in ʼn moderne hysbak, wat ongelooflik goed weggesteek is vergesel. Die hysbak gly geluidloos af in die aarde in, en stop net so geluidloos. Wanneer die deure oopgaan, is hulle in ʼn helder verligte vertrek, wat net so ongelooflik mooi is soos die een vanwaar hulle nou gekom het.
Gertrudes sien alles in een oomblik, sy weet, hierdie plek is buite hulle ervaring, hierdie plek bestaan nie in die wêreld daar buite nie, hierdie plek kom uit die begin van die wêreld, en sy sluit haar oë voor die emosie wat die wete bring.
Die wag vra hulle om in die wagtende voertuig te klim, wat geluidloos oor die spoorlyn hier diep binne die aarde gly, en vir albei is dit ʼn ongelooflike ervaring, is dit asof hulle gedagtes net vasslaan in hierdie onwerklikheid, hierdie amper ‘sci-fi’ sprokies land.
Uit die voertuig, terug in ʼn hysbak en uit die aarde se begin op na vandag, en Gertrudes voel die afwagting, die begeerte na wat sal kom.
Sodra die deure oopgaan, weet albei, hierdie is die kasteel, en staan hulle bewegingloos voor wat hulle sien, die rykdom van eeue is onbeskryflik, is onmoontlik om te absorbeer, is deel van ʼn sprokie wat nog nie vertel is nie, en albei weet verseker, hierdie is ʼn wêreld op sy eie.
Dan sien Gertrudes die persoon, en sy voel die asem uit haar gaan, en die “Dejavu” is terug, en sy weet skielik, hierdie mens ken sy, maar sy weet nie van waar nie. Die mooiste treffendste gesig wat sy ooit gesien het, en wanneer sy Roscoe Somers sy asem hoor intrek, weet sy, sy droom nie, sy sien nie gesigte nie, hierdie is ʼn regte mens, en nie ʼn beeld nie, hierdie is die millisekonde beeld van die afgelope tien jaar, en sy verbleek tot was wit.
Gertrudes staan versteend, sy kyk na hierdie mens en sy kan nie besluit of dit ʼn jong man of ʼn jong vrou is nie, beeldskoon met ʼn slankheid wat tydloos en geslagloos is, en sy ken die gedagte.
Die persoon aan die regterkant van die ‘Beeld’ stap vorentoe, “Professor Johannsen, Inspekteur Somers?”, sê-vra hy, terwyl hy sy hand na Gertrudes uithou.
Sy vat die hand, meer omdat sy nou hulp nodig het om regop te staan.
Wanneer sy instemmend knik, draai hy na die ‘Beeld’, en sê met ʼn sagte duidelike Skotse aksent.
“Ek is Graaf Keith van Dunessex, en hierdie is Graaf Aethel van Wessexstan,” en die een oomblik se gevoel van ‘ken’, is in haar.
Met ʼn skalkse glimlag om die oë, en Gertrudes voel die skok wanneer sy in die sagtheid van die steenkool swart oë kyk, want dit ken sy, stap die jong man vorentoe en steek sy hand uit na haar.
Sy hand is sag en warm, en ferm en sterk, en die van ʼn man, en Gertrudes kan nie die krag van hierdie hand met die gesig van hierdie mens vereenselwig nie, en sy kry die gevoel van warmte teen haar rug, en wanneer sy spraakloos in sy oë kyk, lê die ‘ken gevoel’ tussen hulle.
Sy sien hom, en sy wag vir die stem, en sy ken dit, “Goeie naand Professor, baie welkom in Dunessex.”
Nog met haar hand in syne, draai hy na Roscoe Somers, en amper onwillig laat hy Gertrudes se hand gaan, en druk Roscoe se uitgestrekte hand.
Met ʼn sagtheid in sy stem kom dit weer, en Gertrudes weet sy moet uit hierdie droom kom, en sy dwing haar gedagtes terug na nou, “Ek glo u wil eers gaan verfris, of selfs ʼn bietjie rus.”
Gertrudes weet, sy wil wel verfris, want sy moet ʼn honderd jaar oud lyk teen die aantreklike jeugdigheid van hierdie mens, maar daar is geen sprake van rus nie, dit is seker, nie nou nie, nie solank sy hier is nie, en die gevoel dat sy eenkeer voorheen so gevoel het, is in haar.
Gertrudes voel die werklikheid terug in haar kom, en sy betig haarself ‘jy is hier vir die verslag, vir die wêreld se behoud, nie om bekoor te word deur iemand nie,’ maar die gevoel bly in haar, en sy weet sy is bekoor, was altyd.
“Ek sal graag wil verfris, maar nie gaan rus nie,” en sy draai na Graaf Keith van Dunessex, “Ek weet dit is laat, maar ek sal baie graag net so effens oor die verslag wil gesels.”
Hy glimlag en draai na die jonge Aethel van Wessexstan, “Dit sal Aethel moet besluit, siende dat hy die outeur van die verslag is wat u hierheen gebring het Professor.”
Gertrudes voel die lamheid in haar bene wanneer sy in die glimlaggende gesig opkyk, skielik besef sy hoe hy oor haar toring, hoe lank hy is, hoe ongelooflik manlik hy regtig is, en sy kan nie glo sy het dit nie onmiddellik gesien nie, en sy ken die glimlag, en skielik kom ʼn woord wat sy lank-lank gelede gesê het, in haar gedagtes ‘Wise-ass’, en wanneer sy glimlag verbreed, is dit asof hy dit weet, en sy weet, hy weet.
Hy sien die ongeloof, en hy besef haar verwarring, almal is verward wanneer dit by hom kom, maar dit is sy lot, sy lewe, en terwyl hy dit tog geniet, kry hy haar jammer, sy die vrou wat hy oor al hierdie jare dopgehou het, die ongelooflike sterk en vasberade vrou van sy gedagtes, die een wat sy verwarring veroorsaak.
“Ja dit is my verslag wat u so lank gevat het om te bespreek,” sê hy, en glimlag.
Sy kyk na hom, maar kan nie glo wat gesê is nie, “Dit kan nie wees nie.”
Die glimlag bly om sy oë, en in sy stem, wanneer hy direk na haar kyk, en vra, “Hoekom nie Professor?”
Sy voel haar verwarring, weet dit wat sy gaan sê, klink belaglik, “Jy kon nie meer as tien, twaalf jaar oud gewees het in 2000 nie, hoe oud is jy?”
Hy glimlag steeds, “Glo my Professor, oud genoeg, definitief oud genoeg.”
Sy weet sy ouderdom is nie wat haar teister nie, dit is die gevoel dat hy daar was, daar in haar verlede was, en sy veg met haar geheue, ‘Here help, ek smeek Jou help my om te onthou.’
“Moenie te veel top daaroor nie Professor, jy is nou hier, vergeet die tyd wat verby is.”
Dit vat aan Gertrudes, sy weet, sy wil dit nie vergeet nie, sy wil dit bo alles onthou, en sy sê dit in haar gedagtes vir haarself.
Twee diensmeisies kom oor die vloer gestap, en vir Gertrudes pas hulle perfek in hierdie sprokie in, “Neem Professor Johannsen en Inspekteur Somers na hul kamers asseblief, Luisya, Maritel.
Gertrudes voel die sagte hand op haar arm en sy stap sonder enige teestribbeling saam met die vriendelike, tydlose gesig van hierdie pragtige jong vrou, ‘Uit watter tyd kom hierdie mense’, flits dit in haar gedagte, maar sy onderdruk dit, nou net eers weg uit hierdie kring, net eers tot besinning kom, weet sy.
Gertrudes sien die wye gang, die ongelooflike hoë dak, die onmoontlike rykdom, maar dit registreer nie, sy weet dit sal ʼn leeftyd vat om hierdie wêreld te leer ken, te verstaan, en te aanvaar.
Wanneer sy die kamer, ‘eerder saal,’ flits dit deur haar gedagtes, ingaan, weet sy, sy het vir een dag te veel weelde gesien, te veel gesien van wat nie in die wêreld daarbuite bestaan nie.
“Ek sal u weer oor ʼn halfuur kom haal vir aandete, indien dit reg is met u,” sê-vra die jong vrou, en Gertrudes kan net haar kop instemmend knik, want sy vertrou nie haar stem nie.
Sy gaan sit op die bed, en wanneer sy oor die breedte van die vertrek na die spieël tafel kyk, voel sy die frons op haar gesig, hoe kan hier presies so ʼn borsel soos haar eie haarborsel wees, en wanneer sy voor die tafel staan besef sy dit is haar persoonlike borsel, haar parfuum, haar goed, en sy besef dit is haar bagasie wat in die kort tyd wat hulle in die ontvangssaal was reeds uitgepak is, en dit dra by tot die onwerklikheid, en haar verwarring.
Dit vat Gertrudes ʼn paar minute om tot verhaal te kom, om net nugter te probeer dink. Hoe kan dit alles bestaan, en die wêreld weet dit nie, of weet die wêreld dit, net sy nie?
Sy stap die bad kamer binne, net om tot stilstand gedwing te word, sy sluit haar oë, en al wat sy kan dink, is, ‘genoeg vir een dag’, en sy loer deur haar wimpers na iets wat sy nooit weer sal sien nie. ‘Vader kan hierdie ʼn badkamer wees, hierdie weelde en prag’, flits dit deur haar.
Sy praat met haarself, ‘Kry jouself onder beheer Gertrudes, jy is mos weelde gewoond, jy kom uit ʼn miljoenêrswoning uit’, maar dit help nie, die verwondering het gekom om te bly.
Sy is gereed wanneer Maritel sag aan die deur klop, ‘opgewonde gereed’.
Die eetsaal, is ʼn saal met die pragtige Graaf Aethel van Wessexstan in ʼn swart aandpak, met sy glimmende hare en steenkool swart oë, en Gertrudes voel of hy tot in haar siel sien, en sy voel die hoendervleis op haar arms, en die “Dejavu” is terug.

Aethel sien haar aankom, voel die bewing in hom, en stap vorentoe, neem Gertrudes sag aan die arm, en lei haar na ʼn stoel aan die regterkant van die hoof van die tafel. Hy help haar gemaklik in die stoel sit, en al die mans gaan sit gelyk, Aethel links van haar aan die hoof van die tafel, en sy weet, hy is die hoof van hierdie huis, en Gertrudes voel die onwerklikheid van alles, en dit flits deur haar kop, ‘Gertrudes moet nie hierin verval nie, bly nugter.’
Die kos word met stille eenvoud, en tog swier voorgesit, ‘dit is heerlik, ongelooflik heerlik’, weet Gertrudes, en sy geniet elke gereg met waardering.
Wanneer sy opkyk is sy oë op haar, en sy voel die warmte in haar wange opstoot, en hy glimlag en sy oë wys ʼn weerloosheid, en sy skrik, want sy voel of sy dit eenkeer lank terug ook gesien het, en sy voel skielik geweldig aangedaan.
Hy kyk na die gesiggie, sien die hartseer in die oë, en hy onthou daardie oë, en hy kry die gevoel dat sy onthou, en hy voel ʼn lang tyd terug se asemlose passie in hom.
Sodra die ete verby is, is dit Aethel wat haar stoel uitrek en haar sag aan die arm deur die saal lei, en sy voel sy nabyheid, en sy maak haar oë toe, en sy hoor daardie stem wat sy weet sy ken, “Kom ons gaan geniet iets om te drink.”
Sy weet sy wil by hom wees, maar sy voel die vrees in haar, soek daardie een minuut om tot haar sinne te kom, “Indien julle mans wil gaan rook sal ek hier wag.”
Die vingers om haar arm beweeg liggies teen haar vel, en sy is verstom oor die bekendheid daarvan, en daardie ongelooflike stem kom sag teen haar hare, “Nee, hierdie man rook nie, hierdie man wil met die skone dame ʼn drankie gaan geniet, en ʼn bietjie gesels oor ʼn gemeenskaplike belang.”
Die bekendheid van die gevoel en die stem laat haar wange gloei, en sy sien die swart oë glimlag, en dit bring die rus wat sy nodig het.
Met ʼn heerlik sjerrie in haar hand, gaan sit sy op een van die leer banke, en asof dit ʼn gewoonte is, kom sit Aethel langs haar, leun terug, en vou sy lang bene oormekaar.
Hy draai na haar, en sy been raak haar liggies, en hy glimlag, “Nou ja, kom ons gesels vir so ʼn uurtjie oor wat jy voor kans sien vanaand.”
Voor sy haarself kan keer, kom dit oor haar lippe. “Wie is jy, en waar kom jy vandaan?”
Gertrudes weet dit is nie wat sy wou sê nie, maar dit is gesê, en sy weet nie waarom nie.
Hy glimlag, en vir een oomblik dink sy hy weet alles wat sy dink, ken hy elke gedagte voor sy dit ken, dat hy haar ken.
“Graaf Aethel van Wessexstan, hier in hierdie kasteel gebore, en hier grootgeword.”
Gertrudes maak haar oë toe en wanneer sy hulle weer oopmaak sê sy sag, asof sy bang is sy sal iets steur, “Hoe weet jy al hierdie dinge, waar kom jou kennis vandaan?” en in haar skree die vraag, ‘Hoe ken ek jou, en jy vir my’, maar sy swyg, want die vrees in haar is terug.
Aethel voel haar vrees, voel haar verwarring, voel haar opregtheid aan, en hy voel sy hartklop versnel, ‘Here kan dit wees, kan dit tog wees dat sy iets onthou?’ Dit is sy beurt om die gedagte dood te smoor, dit kan nie wees nie, nooit wees nie, hy weet.
“Seker maar soos wat jy al die dinge weet wat jy die afgelope jare uitgevind het, ʼn kombinasie van ʼn wetenskap en ʼn uitsonderlike insig, is dit nie wat jy altyd sê nie.”
Sy kyk stilswyend na hom, sy weet hy ken haar, en sy weet sy wil hom ken, soos hy haar ken, en skielik is sy ongelooflik moeg. Hy sien dit op haar gesig, en hy weet te veel gewig is op haar smal skouers, hy onthou waarom hy tien jaar gelede alles moes laat vaar, hoekom hy die verslag weer gestuur het, en dit laat wag het vir haar om reg te wees vir wat hy met haar gaan deel, dit wat hy daardie eerste keer verbrou het.
“Kom ek stap saam met jou na jou kamer, ek dink dit is genoeg vir een dag vir jou.”
Gertrudes staan gewillig op, sy weet dit is so teen haar aard soos niks anders nie, maar sy weet hierdie dag het haar oordonder, hierdie man het haar van haar nugterheid ontneem, en sy kry die gevoel dit het voorheen met haar gebeur, in Oktober 2000 met haar gebeur het, en sy klou aan sy arm en loop gewillig agter hierdie ongelooflike mens aan.
Wanneer die deur toeswaai, gaan lê sy op die bed, en slaap sy onmiddellik. Aethel wag een minuut, stap die vertrek binne en trek die sagte kombers oor die pragtige vrou. Hy bly staan vir ʼn baie lang tyd, en hy voel weer die verwondering oor iemand soos hierdie, en dit is asof sy hele lewe gewag het vir hierdie dag, soos wat hy daar tien jaar terug gedink het, en hy voel die begeerte om haar aan te raak, maar hy laat dit gaan.
Hy draai om en stap stil terug na sy eie kwartiere, om die ure om te wag tot more wanneer hy haar by hom sal hê, en die nag strek lank voor hom uit.
Sy word wakker soos wat sy aan die slaap geraak het, bly lê vir ʼn lang tyd terwyl gister se gebeure soos ʼn rolprent deur haar gedagtes loop. Sy voel die opgewondenheid in haar, en sy weet dit is Aethel van Wessexstan se opgewondenheid, en terwyl een stem in haar, haar waarsku, por ʼn ander haar aan oor Aethel van Wessexstan.
Sodra sy gereed is om die kamer te verlaat kom die sagte klop op die deur, wanneer sy die deur oopmaak is Maritel voor die deur, en vir ʼn oomblik draai Gertrudes om, kyk deur die kamer, ‘daar is seker kameras in die kamer want hoe sal enigiemand weet sy is gereed’, maar sy skud die gedagte af, dis belaglik, of is dit.
Wanneer hulle die eetsaal instap, staan hy met sy rug gekeer na hulle, maar draai onmiddellik om, ‘hoe weet hy ons is hier’ flits dit deur haar gedagtes.
Hy sien die vrae in haar oë, en hy glimlag vir haar, “Nee ek is nie die god Janus nie, en het nie oë in my agterkop nie, ek het net geweldige goeie gehoor en aanvoeling,” en weer is die gevoel dat hy weet wat sy dink in haar.
Dan is die oomblik verby, en vra hy met ʼn glimlag, “More, het jy goed gerus,” en sy weet, hy weet sy het.
“Dankie, heerlik.”
Met die uitsteek van sy hand, “Sal ons aansit vir ontbyt?”
Sy neem sy uitgestrekte hand, nie om die gebaar nie, maar omdat sy, sy hand in hare wil voel, en dit is warm en sag.
“Waar is Roscoe, het jy hom dalk gesien?”
“Roscoe is saam met oom Keith af met die kus om na ʼn paar dinge te gaan kyk, hulle sal so ʼn paar dae weg wees, so bietjie ontsnap van die werk.” Hy sien die vrae in haar oë, “Ons gaan heeldag en al dag besig wees met die bevindinge, en Roscoe is nie regtig ʼn wetenskaplike nie,” en skielik besef Gertrudes die drie mans ken mekaar beter as wat hulle voorgee, en hy knik vir haar, en sy weet waarom die verslag tien jaar terug na Roscoe is, hulle het hom vertrou, en sy voel skielik asof sy gefaal het, wanneer en waarmee weet sy nie, maar die gevoel is daar.
Hy weet, en sy weet, daar is iets tussen hulle wat hulle voorheen gevoel het, maar hulle hou dit vir hulself, Gertrudes omdat sy verward is oor die bewondering vir hierdie ongelooflike mens, en Aethel omdat hy steeds nie ken en verstaan wat in sy gemoed aangaan nie, net soos tien jaar gelede, en hy weet hy het tien jaar gelede gefaal in sy opdrag oor presies hierdie gevoel wat sy in hom wakker maak, die gevoel wat hy nie kon verklaar nie, geen antwoord voor gehad het nie, maar dit wat hom met ekstase gevul het.
Sodra die ete verby is, neem hy haar hand, “Kom ons gaan deur na my laboratorium, ek weet jy brand om die verslag te bespreek,” en sy laat hom haar hand hou, weet sy wil sy warmte voel al is dit hoe ongewoon.
Gertrudes stap soos ʼn slaapwandelaar agter die hand aan, en sy weet sy moet uit hierdie droom kom, uit hierdie gevoel wat dreig om die rede vir haar besoek te oorweldig, maar sy weet die besoek gaan ook oor Oktober 2000, en dit wat sy nie kan onthou nie, en die gevoel dat die antwoord hier by hierdie mens is, bly by haar.
Met die instap in die vertrek in, gaan staan Gertrudes stil, hoor sy haarself haar asem intrek, sy sluit haar oë vir een oomblik, “Asseblief, wie is jy, en waarvandaan kom hierdie ongelooflike plek.”
Haar woo4de is presies wat hy haar wil vra, altyd wou vra, ‘wie is jy en waar kom jy vandaan’, maar hy ken die antwoord, hy weet wie Professor Gertrudes Johannsen is, en waar sy vandaan kom, maar die vrou voor hom is soveel meer as die wetenskaplike wat hy vir soveel jare in sy geheue koester.
“Ek is werklik Aethel Van Wessexstan, ek bly nog my hele lewe in hierdie kasteel, en ek is nog my hele lewe op hierdie aarde,” en dit wat so alledaags moet wees, dra vir Gertrudes ʼn wonderlike vreemdheid.
Hulle gaan sit soos die vorige aand langs mekaar op een van die groot leer banke, sy effens gedraai na hom, en hy met sy sterk lang bene oor mekaar gevou, naby haar.
Sy soek sy oë op, “Het jy werklik die verslag geskryf?”
Hy sê dit eerlik, “Ja, werklik.”
“Maar jy lyk so jonk, te jonk vir soveel kennis, soveel diepe insig in iets wat nie eers ek van weet nie.”
Hy vat haar hand, en sy kyk na daardie slanke vingers, “Glo my Gertrudes…” en sy glo hom, en die klank van haar naam op sy lippe is soos musiek, “Die jeugdige voorkoms is my vloek, maar dit is baie misleidend, ek is baie ouer as wat jy dink.”
Sy kyk vir een lang oomblik in sy oë, sy weet sy moet dit nou laat gaan, sy moet wegkom van hierdie onwerklikheid wat in haar kop draai.
Sy vat die verslag wat oop voor haar op die koffie tafel lê, blaai vinnig tot op ʼn spesifieke bladsy, die bladsy wat opsom watter verdoemenis vir groot dele van die wêreld wag, en die bekendheid daarvan tref haar weer, hy sien haar verwarring, en haar onthou, en hy wens ʼn wens.
“Omtrent alles in hierdie verslag maak sin, dit is wat ons oor baie jare nagevors het, gemeet het, en geobserveer het. Die feit dat ons nie die patroon kon identifiseer wat jy in jou verslag so duidelik uiteensit nie, glo ek, is of ʼn fout aan jou kant, of ʼn absolute onkunde aan ons kant. Ek het sedert ek die verslag gekry het seker ʼn honderd keer al die bevindinge laat herbereken en kalibreer, en steeds sien ek nie die patroon nie”
Hy vryf sag oor haar hand, en dit bring ʼn ou sensasie in albei, “Ek sal jou die patroon wys wanneer ons deur my bevindinge werk, jy sal dit kan sien en verstaan, glo my.”
Gertrudes hoor sy gerusstelling, voel die rus in haar kom, en dit gee haar moed om voort te gaan, “Die verskuiwing van die aardkors plate, en die meegaande aardskuddings, kom ooreen met ons rekords tot op ʼn punt waar jy baie meer verskuiwings uitwys, waarvan ons wel sommiges kon identifiseer. Verder, die veranderinge in die planetêre stelsel, en die atmosferiese veranderinge, dit is op rekord, sommige, nie alles wat jy rapporteer nie.”
Sy kyk op na hom, “Maar die groot mistiek lê in jou saamsnoer daarvan, en in verband bring van die veranderinge van die atmosferiese kragte, die kragte binne in die aarde, saam met wat jy die magte van die hemele noem,” Sy kyk na hom, en die bewondering wat sy voel vir hom is in haar oë wanneer sy na hom kyk, “Volgens die wetenskap is daar geen magte van die hemele nie.”
Sy hoor die vermoeienis wanneer hy praat, en dit vat aan haar, “Ek weet, en dit is hoekom julle tot nou nie die fenomene kon optel en verstaan nie.”
Gertrudes luister en laat dit gaan, “So in leke taal, wat jy sê, daar sal verskeie ongewone fenomene plaasvind, eerstens sal die ‘Proxigean Gety’, ʼn geweldige aardkors verskuiwing laat plaasvind, gepaardgaande daarmee, sal Mars op sy naaste ooit aan die aarde beweeg, terwyl daar ʼn geweldige uitbarstings op Mars sal plaasvind,” sy kyk na hom, maak seker hy stem saam, en sy oë hou haar vas, en sy weet hy luister na haar, en dit voel wonderlik, “Verder sal verskeie planete en hemelliggame in lyn beweeg, en saam met die ‘sogenaamde magte van die hemel’, op een oomblik in tyd, die grootste Tsunami wat die wêreld ooit gesien het laat ontstaan.”
Hy knik sy kop, terwyl sy oë ernstig bly, “In leke taal opgesom, presies,” en hy glimlag, en sy voel hoe haar wange warm word.
Vir ʼn oomblik dink sy hy vind dit baie amusant, maar sy sien die erns in sy steenkool swart oë, en sy weet alles is waar. Vir een vlietende sekonde ontmoet hulle psige, en sien Gertrudes die waarheid, en sy maak haar oë verskrik toe, nie vir die gedagte aan die wêreld se lot nie, maar vir die gedagte aan ‘die weer sien’, van iets wonderliks wat sy voorheen gesien het, en sy weet nou ‘Sy het hierdie oë presies al voorheen so gesien’, en niks sal haar oortuig dit is haar verbeelding nie.
Hy vat haar hand stewig vas, en wanneer sy in sy oë kyk, weet sy, hy weet, “Kom ons gaan deur na my ‘wêreld’, dan werk ons deur my bevindinge, spandeer ons die tyd saam wat ons lankal saam moes spandeer het, sodat jy kan verstaan, sodat jy kan gaan doen wat gedoen moet word.”
Gertrudes kyk Aethel ʼn lang oomblik in die oë, heroorweeg sy woorde, en sy weet, hy weet ook daar was ʼn vorige geleentheid waar hierdie ramp bespreek moes word, en sy hou spontaan sy uitgestrekte hand vas, en hy trek haar gemaklik op vanaf die bank.
Hy hou haar hand in syne, en sy laat dit so, wil dit so hê, en sy loop stil langs hom deur hoë wye gange tot in ʼn groot portaal, dan is hulle daar, die tientalle Van Wessexstan voorsate, en alhoewel sy nie in die skemer mooi kan sien nie, weet sy hulle is een familie, want daar is so verskriklik baie van Aethel in elke gesig.
Aethel ignoreer die vrae in Gertrudes se oë, nie nou nie weet hy, niks oor sy verlede nou nie, maar hy weet, dit wag vir hulle in die nabye toekoms, en hy voel ʼn vrees om haar te verloor, oor presies wat die foto’s op die muur verteenwoordig.
Hulle gaan met ʼn versteekte hysbak geruisloos na ‘bo’, nie dat Gertrudes weet waarheen dit regtig sal lei nie, maar wanneer die deur oopgaan, is hulle midde in ʼn laboratorium, ʼn sterrewag, ʼn eenheid van verskeie wetenskaplike dissiplines, en Gertrudes se mond hang oop.
Wanneer sy uiteindelik omdraai en na hom kyk, is daar net een ding wat sy kan sê, “Aethel dit is fantasties,” en die noem van sy naam, maak ʼn gewaarwording van ‘ken’, in albei wakker.
Vir Aethel is die gevoel te veel, raak dit daar waar hy weer deur haar geraak wil word, maak dit hom sprakeloos, en al wat hy kan waag om te sê is, “Dankie”.
Wanneer sy stil langs hom stap deur die rye en rye vertoon kaste, toerusting, modelle, voorwerpe en dinge wat sy nog nooit gesien het nie, weet sy, sy is of die enigste persoon wat ooit sien wat sy nou sien, of niemand anders het ooit lewend hier uitgekom om oor te vertel nie, want sekerlik as enige iemand anders ooit gesien het wat sy nou sien, sal dit in die wetenskap anale opgeskryf gewees het, en die vraag is terug, ‘Wie is Aethel Van Wessexstan?’
Dit kom sag teen haar oor, “Jy is die eerste persoon wat ek ooit hier toelaat,” en die warmte is teen haar lyf, en sy snak na haar asem van verwondering oor die bekendheid daarvan.
Wanneer sy in sy oë kyk, lag sy oë en sê hy sag, “Ek het nog nooit iemand hier vermoor nie.”
Gertrudes weet dat Aethel Van Wessexstan haar gedagtes kan lees, moet kan lees, en die verleentheid en verwondering wys rooi op haar wange.
“Toemaar ek kan nie jou gedagtes lees nie, ek weet net dit is wat jy sal dink”, lieg hy, want hy wil haar gedagtes ken, hy wil haar elke wete ken.
Sy glo hom nie, sy weet hy is die millisekonde onwerklikheid van al haar drome, die wat sy reeds gehad het, en die wat sy nog sal droom, en sy voel ʼn ongelooflike hartseer en vreugde op dieselfde oomblik in haar.
Hulle sit vir ure voor die rekenaars, rekenaars soveel verder gevorderd as wat buite bekend is, en sy vra hom, “Het jy hierdie toerusting alles self gebou?” en hy sê “Ja” en sy glo hom, sy weet, hy is soveel meer as al die wetenskaplikes saam in haar Buro.
Hy wys haar sy metings van die afgelope paar weke se aardkors bewegings in Tongo, Wes Australië, die byna gelyktydige aardbewing in China, Myamar en die gelyktydige gety veranderinge teen die Kaapse Weskus in Suid Afrika.
Sy weet daar is nog geen finale gevolgtrekking gemaak van die gebeure nie, aangesien daar nog verslae uitstaande was van die hidrografiese monitors by Hout Baai, St. Helena Baai, Saldanha Baai en Lamberts Baai, sowel as Lüderitz, Port Nolloth, Walvis Baai en Simonsstad. Hulle wag ook nog vir die lesings vanaf Ascension Eiland, St. Helena Eiland en Rio De Janeiro, om te bevestig dat hulle soortgelyke omstandighede ondervind het.
Sy sien die vergelyking wat Aethel gedoen het, en sodra hy die volgende skyfie op die monitor oopmaak, is die antwoord voor haar, die aardkors verskuiwing, die Mars ligging en ontploffing, en die gety verandering.
Sy vra die vraag omdat sy haar balans wil herwin, en hy sien dit, “Die geweldige groot aanwesigheid van hilium rondom Mars, dit het ʼn invloed, waar kom dit vandaan, waarom het ons dit eers die afgelope maande geïdentifiseer?”
“Omdat dit eers die afgelope paar maande ontwikkel het.”
“Maar hoekom?”
“Dalk my hemel magte,” Sê hy, en glimlag in haar oë, en sy voel die onwerklikheid aan.
Hy sien die vrae in haar oë, weet hy het een vraag wat hy vir hierdie mens wil vra, maar hy weet, nie nou nie, “Genoeg vir eers, kom dit is lankal na aand-ete, ek is nou honger en ek glo jy ook.”
Gertrudes voel nou ook die honger, maar voel die verlies van die alleen wees met hom, en hy voel dit aan, en in hom is die verwondering, en hy wens weer sy wens.
Hy vat haar hand, weet hy wil dit elke oomblik in sy hand voel, en hulle stap stil terug deur die verstommende vertrek met sy ongelooflike inhoud, en sodra sy wil vra, sê hy sag. “Nie nou nie, alles sal later vir jou duidelik wees,” en sy besef, dit is dit.
Na aandete stap hy soos die vorige aand saam met haar na die studeerkamer waar hulle vir ʼn paar minute in stilte teenoor mekaar sit, sy, omdat sy nie weet wat sy kan vra nie, en hy omdat die vrou langs hom ʼn absolute mag oor hom het.
“Vertel my van jou kasteel.”
“Wat weet jy reeds?”
“Net dat dit moontlik uit die jaar 681 dateer, niks anders nie.”
“Nou goed dit is ʼn goeie plek om te begin, die kasteel is in 600 na Christus gebou, maar almal dink dit was in 681 omdat die eerste vermelding van die kasteel in 681 gemaak is met die rekord van die aanval van ‘Dún Fother’ in 681. Die volgende vermelding is die geveg tussen Koning Donald II en Viking swerwers in 900 na Christus. In 934 kom my voorsate uiteindelik by die kasteel aan, wanneer Koning Aethelstan van Wessex ʼn aanval op ‘Dún Fother’ loots. Die ‘Dún Fother’ verander met tyd na Dunnottar soos dit vandag in sekere anale bekend staan.”
Wanneer dit lyk of hy wil ophou, trek Gertrudes onwetend sy hand teen haar bors vas, en sê sag, pleitend, “Ag nee dit is fantasties, moenie nou ophou nie, ek wil alles weet,” en hy voel die warmte van haar bors, en dit vat hom terug na daardie paar minute se wonderlikheid tien jaar gelede.
Hy sukkel om sy stem gelykmatig te hou, sy asem te stil, maar hy dwing homself terug na normaal wees, “Nou goed kom ons vertel die hele storie. William Wallace, wie se verhaal ʼn paar jaar gelede verfilm is, het die Skotte hier by hierdie kasteel tot oorwinning aangevoer teen die Engelse in 1296. Die gevange Engelse soldate is glo in die kerk opgesluit en doodgebrand as vergelding vir die moord op Skotse burgers op die grense. In 1336, het Koning Edward II van Engeland, ʼn mag na die kasteel gestuur om ʼn voorraad basis te begin vir die Engelse troepe, maar ene Andrew Murray het die mag oorval en hulle uitgewis.”
Sy kyk na sy gesig, weet sy wil net alles van hom en sy mense weet, “Waar was jou voorsate terwyl al hierdie dinge in en om die kasteel gebeur het, was hulle deel van die gevegte.”
Hy glimlag, en dit vat aan haar, “Altyd in die kasteel, nooit regtig deel van die gevegte nie, hulle was vredeliewend en het dinge laat gebeur soos dit moes gebeur.”
“Wat het daarna gebeur, komaan vertel asseblief,” en die druk van sy hand teen haar warmte neig om hom sy balans te laat verloor.
In 1382 het die Keiths, wat in beheer van die berede soldate was, die kasteel betrek. Die 9de Graaf van Wessex, ʼn Keith, het uit die kasteel die Jacobite berede soldate aangevoer met die slag van Sheriffmuir in 1715 en het ook die 1745 die Jacobite opstand gelei, met die gevolg dat die Keiths al hul eiendom en titels verloor het.
“Mary ‘Queen of Scots’, baie bekend soos jy weet, het ons besoek in 1562 en 1564 saam met haar seun King James VI en weer in 1580. Kort hierna is die Middeleeuse kasteel verander in ʼn regte kasteel met die mees moderne en luukse kwartiere in daardie tyd. Verdere aanbouings en verbeterings is in die sestiende en sewentiende eeu gedoen, waarvan 11 geboue vandag nog bestaan.”
Sy kyk glimlaggend om haar, “Wel dit lyk my dit is steeds die luuksste wat daar in die hele Skotland is.”
“Dankie, ek probeer my bes,” en hy lag in haar oë, en dit laat haar hart vinniger klop.
“Gedurende daardie tyd is die kroon, swaard en septer wat gedurende die kroning van Charles II gebruik is, hier in die kasteel bewaar. Cromwell se magte het ten midde van ʼn neerlaag die memorabilia uitgesmokkel voordat dit verlore kon gaan, en dit na Edinburgh Kasteel geneem, dit is steeds vandag daar, bekend as die ‘Eer van Skotland’, en die ‘Stone of Destiny, indien jy dit eendag wil gaan sien.”
Sy weet sy wil alles rondom hom en sy kasteel sien, maar sy wil dit met hom by haar sien, en hy bêre daardie wens in sy geheue, “Dit is ongelooflik, ek wil weer hieroor met jou gesels, maar jy het my niks van jou en jou familie vertel nie, wanneer het julle die kasteel gekry?”
“Wel jy het gesê ek moet jou oor die kasteel vertel, nie oor die familie nie, maar goed ons het dit altyd gehad, ons het dit nooit verloor nie, net tydelik gedeel met baie ander mense.”
Die opgewondenheid in haar stem kom lê in sy hart, en hy verkyk hom aan hierdie prag vrou, “Dit moet fantasties wees om ʼn afstammeling van so ʼn lang bloedlyn te wees, julle is regte adellikes wat van ʼn koning afstam, dit is absoluut soos ʼn sprokie. Ek sal nooit moeg word om daarna te luister nie, word jy ooit moeg om dit te vertel?”
“Ek vertel dit nie gereeld nie, ek kry baie min besoekers.”
Sy kyk hom ernstig in die oë, “Hoekom ek, hoekom my hierdie eer aandoen?”
Sy sien die erns en miskien weemoed in sy swart oë, “Want jy is so besonders Gertrudes, soveel meer besonders as wat jy ooit sal weet,” en Gertrudes sluit haar oë voor soveel deernis. Dan voel sy, sy hand beweeg hier teen haar bors, en dit voel so reg vir haar, en wanneer sy haar oë oopmaak is sy gesig duime weg van hare, sien sy daardie lippe, en sonder om weg te draai sê hy sag, teen haar vel “Kom ons gaan slaap,” en sy sien die verwarring in sy oë.
Hy vergesel haar na haar kwartiere, en in haar voel sy ʼn begeerte om sy pragtige gesig in haar hande te neem en dit teen haar hart te druk, voel sy ʼn passie wat haar in haar diepste gevoel aanraak, en sy skrik vir die gedagte. Skrik want skielik weet sy met sekerheid, sy het voorheen so gevoel, en sy voel instinktief aan dat dit ʼn besondere oomblik in haar verlede was, ‘Here wat is aan die gang met my?’ flits dit deur haar gedagtes, sy Gertrudes wat nog nooit begeerte na enige ander mens gehad het nie, en sy weet, iets in hierdie kasteel, in hierdie man, trek haar soos geen ander iets ooit nie.
Sy kyk na hom, en die verlorenheid in sy oë is terug, en dit voel of sy dit voorheen gesien het, en sy wil huil van hartseer omdat sy nie kan onthou nie.
Wanneer sy haar kop op die kussing neersit, val sy in ʼn diepe slaap, maar anders as die vorige nag, droom sy van Aethel, en dit is ʼn ontstellende droom. Sien sy hom ver weg van haar, en sy is nie in staat om by hom uit te kom nie, en sy gaan onwetend in haar tien jaar se vertwyfeling in, en hy is daar, en sy weet dit nie.
Dit is na middernag wanneer sy natgesweet wakker skrik en besluit om op te staan en vir ʼn rukkie op die balkon te gaan staan sodat sy die koue naglug kan voel.
Wanneer sy opkyk na die hemel, sien sy die ligte bo-op die kasteel se dak, en weet sy instinktief dit is die vertrek waar hulle vandag was, en haar gedagtes roep na hom, en asof hy haar hoor is hy skielik in die ligkring van die vertrek, en sodra sy haar hand optel en wuif, wuif hy terug.
In Gertrudes se kop maal dit, wat is dit met my en hierdie mens, wat trek my soos ʼn magneet na hom toe?
Sy bly staan, starend na sy figuur, starend na die sterre wat oor hulle albei waak, en skielik is sy rustig, skielik verlaat die vrees haar, hy is hier, hy sal altyd hier wees indien sy hom nodig het, dit weet sy skielik.
Sy wuif vir hom, stap terug na haar bed, en verval in ʼn rustige slaap.
Die patroon van die dag is baie dieselfde as die vorige dag, maar Gertrudes besef daar het ʼn dringendheid aan hulle werk gekom het.
Hy laat haar alleen met sy lesings, met al die bewyse waarvan hy in sy verslag melding gemaak het, “Gaan deur die bevindings, kyk wat jy sien, en dan bespreek ons dit laatmiddag.”
Hy laat haar daar, vertrou haar met al hierdie wonderlike dinge van hom, en dit laat haar besonders voel.
Gertrudes beweeg van een rekenaar na die ander, glyend tussen hulle op haar stoel, en soos wat sy die verskillende resultate sien van die metings op verskillende tye van die atmosfeer, die sonnestelsel, die getye, en die aardkors plaat verskuiwings, besef sy die waarheid van sy verslag, besef sy die briljantheid van hierdie mens, en staan sy verstom oor sy absolute genialiteit op so ʼn jeugdige ouderdom.
Sy bly daar, eet van die heerlike toebroodjies, en drink die geurige koffie wat vir haar gelaat is. Dit is laataand wanneer hy terugkeer en sy draai om en volg hom met haar oë soos hy deur die vertrek na haar aankom, en skielik voel dit reg, skielik is die droom van laasnag weg, hy is nie ‘ver weg nie, hy is hier en sy kan hom aanraak as sy wil’, en sy weet sy wil.
Hy sien die welkom in haar oë en hy glimlag, “Het jy my gemis?”
Gertrudes voel die hitte op haar wange, en sonder om een oomblik te twyfel sê sy eerlik, “Ja, noudat jy dit noem, ek het,” en Aethel Van Wessexstan voel die ruk van sy hart, en hy wens weer sy wens.
“So wat is jou bevinding, professor,” en die ‘Professor’ klink so bekend uit sy mond.
“Ek sien alles wat jy sien, ek weet nie waar jy dit vandaan kry nie, maar ek stem saam, die lesings is korrek, daar is ʼn geweldige drukking in die Iranese aardkors plate wat ʼn rampspoedige plaat verskuiwing gaan meebring. Ek weet net nie hoe jy van die atmosferiese en sterrestelsel veranderinge weet nie, dit is nie in hierdie bevindinge nie, net gedeeltes, maar nie genoeg om sekerheid te gee dat dit saam met die aardkors verskuiwing die verwoesting gaan saai wat jy beskryf nie.”
Hy gaan sit op die stoel langs Gertrudes, kyk na haar en hy weet, die tyd van waarheid is naby, hy is die boodskapper, en sy is die instrument om die ramp te voorkom, maar dit beteken hy moet openbaar maak wat hy is, wie hy is, wat daar tussen hulle is, en dan sal hy haar verloor soos daar lank gelede, en hy weet hy wil nie, hy wil hierdie mens vir ewig teen hom voel, by hom hou.
Sy sien die hartseer in die swart oë, voel die begeerte om hom aan te raak, te troetel, maar sy weet, sy moet dit laat gaan, nou eers net die werk, niks anders, “Indien dit waar is, en dit moet ons twee oor praat, wat is die oplossing, wat kan ons doen, kan ons dit hoegenaamd voorkom, want ons kan definitief nie ʼn kontinent ontruim nie.”
Skielik is dit in sy oë, op sy gesig, ʼn vermoeienis so oud soos die aarde self, en dit is vir Gertrudes te veel, sonder dat sy haarself kan keer staan sy op, vat sy kop tussen haar hande en druk die pragtige kop teen haar hart vas, en die “Dejavu” is daar, skielik weet sy met sekerheid, hierdie kop het sy al in haar hande vasgehou, ‘Here ek het my hart verloor in twee dae, of was dit lankal’, en sy voel sy arms om haar lyf gaan,’ en hulle klou aan mekaar.
Albei weet, die vrees is nie vir dit wat binne maande die Afrika kontinent sal tref nie, nee die vrees is vir dit wat hulle voel, dit wat so onwerklik soos daardie ramp is.
Hy trek haar om op sy skoot te sit, en so met hul arms om mekaar bly hulle daar tot die sterre blink in die fluweel swart van die nag sit, sy druk haar kop teen sy hart, laat haar hande die sterkte van sy lyf voel, laat sy, sy aanraking toe om die passie in haar aan te vuur tot dit oorloop.
Hulle loop woordeloos langs mekaar, hande in een gestrengel, terug na die eetsaal, die een banger as die ander om te praat oor wat in hulle gemoed omgaan, Gertrudes omdat sy nie sy gevoel kan peil nie, maar die wete is in haar, sy het haar hart verloor in hierdie sprokies verhaal wat honderde jare oud is, maar nou eers vertel word, en Aethel omdat hierdie gevoel in hom nie in sy wese bestaan het tot tien jaar gelede nie, en dit het dormant binne in sy onbewussyn bly wag tot nou toe, en nou het hy daardie ekstase weer beleef, het sy liggaam lam geword, en hy weet hy smag na iets wat hy nie ken nie.
Na ete vra hy, smeek hy, “Kom bly vanaand saam met my daar bo in die planetarium, kom kyk na my sterre saam met my”, en sy sê ja.
Wanneer sy later met haar rug styf teen sy hart sit onder die sterre, sê hy sag, “Alles wat in die verslag en lesings is, is waar, ek moet jou sê waarom ek weet dat alles sal gebeur soos dit beskryf is, want jy moet die waarheid weet, want jy is die een wat die wêreld moet gaan oortuig van die ramp en hoe dit voorkom kan word.”
Hy sien en voel die kommer in haar aan, “Ek sal jou more alles gee, more sal jy verstaan, more sal jy die kennis hê wat niemand anders in die wêreld het nie.”
Skielik weet sy, dit raak hom intiem, en vat sy, sy arms en trek dit styf teen haar vas, en sy neem sy hand en sy soen dit sag, en sy weet, sy gaan nooit weer so oor iemand anders voel nie.
Hulle bly daar, en sy slaap teen die warmte en krag van sy lyf, en hy voel die verlorenheid in hom opkom, en sy hart huil, die keuse is syne, ‘waar hier vandaan’ skryn dit in hom, maar hy klou net aan hierdie warmte, beleef net weer, en weer die passie, en weet hy kan nie sonder haar nie, dan eerder die dood.
In die grou oggend lig stap hulle hand aan hand na haar kwartiere, “Verfris jy en dan sien ons mekaar oor ʼn rukkie in die eetsaal.”
Gertrudes voel die verwydering en haar hart breek, kan sy dit waag om met hom te praat oor haar gevoel, wat as hy nie dieselfde voel nie, en ʼn ou seer is in haar, maar sy kan dit nie peil nie.
Die ontbyt verloop stil en albei is vasgevang in hul eie gedagtes, stoeiend met die gevoel in hulle, daardie gevoel wat dreig om hulle weer in mekaar se arms te dwing.
Wanneer hulle klaar is, vat hy haar hand en lei haar verby die studeerkamer na die muur met die foto’s van hom en sy voorgeslagte.
Hy sit ʼn helder lig aan en skielik is die foto’s so duidelik asof dit lewendig is.
“Wat sien jy Gertrudes,” en sy kyk, en sy is verwonderd, “ʼn Versameling van beeldskone mans, ʼn geslag wat oor eeue versprei is.”
“Meer as dit, kyk dieper, kyk na elke gesig.”
Dit tref haar, hulle lyk op ʼn druppel na mekaar, die klere verskil, die hare verskil, die baarde verskil en die ouderdom van die foto’s en portrette verskil, maar van ʼn sekere ouderdom af is dit een gesig, een jeugdige gesig wat nooit verouder nie.
“Almal se foto’s is geneem, of geskilder toe hulle jou ouderdom was, hoekom nooit weer na hierdie ouderdom nie?” en sy draai om en kyk hom in die oë, want skielik weet sy, hierdie is die mistiek, nie die genialiteit nie, nie die weelde nie, iets veel groter as dit.
Hy trek haar langs hom neer op die trappe, hy vat haar hande vas in syne, en sy sien die pyn in sy oë, “Dit is ek, almal, elke foto, dit is ek.”
Wanneer sy haar mond oopmaak om te protesteer, plaas hy sy vinger sag op haar lippe en skud sy kop, “Laat ek klaar maak, jy is die eerste en moontlik die enigste wat ooit sal weet, glo my al klink dit verskriklik vergesog, dit is die waarheid.”
Hy vat haar sag aan die gesig, draai sodat sy in sy oë kyk, “Voor die wêreld, in die tyd van die mitologie toe slegs die gode die heelal bewandel het, was daar ʼn geweldige magstryd tussen die gode wat die astronomiese kragte van die heelal beheer het. ʼn Skokgolf het onstaan as gevolg van die magstryd, en die heelal was byna vernietig. Daar was toe ʼn vredes ooreenkoms gesluit om die heelal te beskerm teen die gode se nalatigheid en vertoon. Hulle het besluit om verskillende stamme te gebruik wat sal waak teen sulke rampe, wat boodskappers sal wees deur al die eeue om die mensdom te waarsku, ander stamme wat ‘redders’ sal wees om mense se lewens te red, alles om dit te voorkom wat die na-effekte van daardie magstryd is, deur die eeue, van die begin van die aarde, tot aan die einde van die aarde.”
Sy sluit haar oë, skielik weet sy hoe vergesog dit ook al klink, dit is waar, en sy vrees vir wat sal kom, en hoe dit haar gaan beïnvloed.
“Die gode het toe ʼn tower string ontwerp, wat spesifieke breukdele van tyd gemerk het. Elke kind wat in daardie spesifieke breukdeel gebore is, was deur die gode gekies om ʼn boodskapper of ʼn redder te wees, en het op ʼn gegewe tyd wanneer sy diens benodig word, of die diens begin lewer, of onsterflik geword, op daardie stadium was hy volgroei en reg vir sy lewenstaak.”
Skielik ken Gertrudes die geheim van sy jeug, en haar verstand weier om dit te aanvaar, sy is ʼn wetenskaplike, en die vrees versmoor haar, ‘wat van haar, en haar gevoel in al hierdie mistiek’.
Hy dwing haar om te luister, want dit is wat sy gevra het, ‘vertel my van jou,’ en hy wil haar alles vertel sodat sy hom sal ken vir wie hy is, “Ek is gebore in die jaar 1010 as die 10de kind van die 10de seun van die 10de geslag van die Wessexstan clan, en dit het my ʼn boodskapper van die gode gemaak. My string is 1010101010, en dit verteenwoordig die tyd waarde van my gekose sterfte datum saamgestel as jaar, maand, uur, minuut, sekonde, solank as wat tyd gelyk is aan my string tot die kleinste breuk van ʼn sekonde.”
Hy kyk na haar, vat weer sag aan haar wang, en sy herken die gevoel nou, “Ek is onsterflik tot ek kies om te sterf, enige tyd wat ʼn gedeelte van my string herhaal word, kan ek sterf as ek wil. Ek kon al telkemale gesterf het indien ek wou, in enige veelvoude van tien byvoorbeeld 1010, 1110, 1210, 1910 op die 10de, dag, 10 minute en 10 sekondes na 10, want my string was volmaak”
Hy sien haar trane, maar hy weet hy moet hierdie pad end uit stap vandag, “My veroudering was gestaak op my vier-en-twintigste verjaarsdag, so ek is al vier-en-twintig vir ʼn duisend jaar. Ons is ʼn groep van onsterflike wesens, en ons werk is om soos wat ek nou, en soveel keer in die verlede gedoen het, die mensdom te waarsku teen rampe.”
Terwyl hy sy kop in haar pragtige hare laat sak sê hy sag teen haar hare, “Ek was daar tot waar hierdie ramp begin het, en ek het reeds tot daar waar die ramp gaan gebeur gereis, ek ken die begin en die einde.”
Gertrudes kyk na die laaste foto op die muur, ʼn laggende swartoog student, en skielik is Oktober 2000 se geheim in die openbaar, vir hul albei.
Hy sien die verwilderde uitdrukking, weet sy gaan nou vlug, en teen alles wat hy weet reg is, buig hy af, en soen hy haar met dieselfde passie wat sy hom tien jaar gelede gesoen het, en die emosie ontplof in hulle.
Gertrudes voel die ekstase, die opwelling van haar liggaam, die skreeu van haar liggaam vir hom om haar te neem, maar met trane wat oor haar wange stroom, hardloop sy deur die gange na die veiligheid van haar kamer, soveel leed kan sy nie dra nie, ‘Here wat van my, ek verganklike mens, wat sal oud word en sterf, terwyl hy hier sal bly vir ewig, wat van wat ek voel, van wat ek wil hê.’
Sodra sy gaan lê, draai die tyd terug, tien jaar terug na Oktober 2000, en Gertrudes se trane loop onbeheersd oor haar wange, en sy is terug in die ouditorium in MIT, en sy ken hierdie mens en sy onthou.

Wanneer sy opkyk van die verslag in haar hand, is die verwondering, nee bewondering daar, maar te oorweldigend, te hoog bo haar wete om te glo of te verstaan, en as verweer teen soveel briljantheid, teen hierdie gevoel in haar wat haar wil versmoor, kom haar woorde laggend, maar sy weet hierdie is nie iets om oor te lag nie, hierdie mens wat hierdie verslag ingedien het, is die een wat haar elke oomblik se gedagte vul vandat hy ʼn maand gelede hier ingestap het, en sy stry daarteen soos iemand wat veg teen die wêreld se oormag.
Hierdie jongmens is die een wat die smagting na liefde in haar kom wakker maak het, die onophoudelike pyn na sy blik op haar, die herken van haar in sy swart oë, die begeerte wakker gemaak het na die aanraking van daardie slanke vingers, en sy voel dit in haar vrou wees.
Sy weet sy is onder sy mag, weet waarom sy hom elke dag volg tot daar waar hy in die gebou in die middestad verdwyn, daar waar hy bly, daar waar sy nagte om in haar motor gewag het net om naby hom te wees, en sy voel die onmag om sy mag oor haar te breek.
“So wat is jy, ʼn “Wise-ass”? en die ongelooflike swart oë glimlag binne die erns, en dit ontstel Gertrudes meer as enige iets.
“Nee net ‘Wise’,” kom dit gelykmatig, en die klas bars uit van die lag, hierdie nuwe student wat ʼn maand gelede oorgekom het, is ongelooflik, in denke, figuur en intelligensie, en hulle weet dat Professor Gertrudes haar moses teëgekom het, hierdie mens is meer as hulle almal saam, en hulle weet, sy weet dit.
Gertrudes kyk in die swart oë en sy weet dit is die waarheid, maar sy weet dit is nie die rede vir haar stryd met hierdie mens nie, nee haar stryd is in haarself, in haar bewus wees, haar gevoel vir hierdie mens. Dan lui die klok en die periode, en die oomblik is verby wanneer die ander studente opstaan en hulle sakke pak.
Wanneer almal met die gewone studente lawaai uitstap, bly daardie swart oë sit, bly dit op haar, wagtend, soekend, en sy verloor momenteel haar balans. Wanneer dit net hulle is, alleen hier in hierdie kolossale vertrek wat skielik so klein soos ʼn skoendoos voel, voel Gertrudes die bravade uit haar gaan, voel sy iets wat haar totaal lam lê.
“Nou ja “Professor”, en sy kyk na die klasregister, maar sy weet sy hoef nie, sy ken elke detail van hierdie mens, elke letter in daardie vreemde bekoorlike naam, ‘Aethel’, ek glo dat jy jou verslag aan my moet verduidelik indien jy enige punte wil kry, bietjie vergesog, sal jy nie saamstem nie?”
Die swart oë lag, en die aantreklikheid daarvan slaan Gertrudes daar waar sy nie kan keer nie.
“Dit is nie die punte wat my bekommer nie Professor, dit is dat jy dit sal verstaan en sal glo.”
Skielik is sy sprakeloos, skielik net vrou, skielik net begeerte om hierdie mens te ken, en die irrasionele neem oor in Gertrudes.
“Wel indien jy vry is vanaand moet jy dalk die verslag aan my kom verduidelik.”
“Met graagte Professor, noem die plek en tyd en ek sal daar wees.”
“Ek glo dit is reeds aand, so het jy ʼn motor ‘Professor Slim’.
“Ja, en ʼn ‘great’ een daarby,” en sy weet want dit is daardie besondere motor met hierdie besondere mens daarin wat sy elke aand volg.
“Nou-ja, jy kan my huis toe neem sodat ons die verslag kan bespreek.”
Die langs hom stap, die gewaarwording van sy ongelooflike postuur, slank, sterk, man, maak dat Gertrudes ʼn paar keer haar balans verloor, en hy vat haar arm vas, en die bewing is in hulle aanraking.
“ie motor is nie net ‘great’ nie, maar enig, sekerlik ʼn versamel stuk wat nêrens anders meer te vinde is nie, “ ʼn 1933 Bugati”, sê hy skalks wanneer hy die deur oopmaak vir haar, en haar sag met sy krag die passasier sitplek in help.
Die luuksheid van die motor is oorweldigend, en sy ruik hom in die leer sitplekke, en dit raak haar vroulikheid aan.
Hy ry stadig en sy persoonlikheid oorweldig haar in hierdie klein ruimte, en sy kan nie help om vir hom te kyk nie – sy swart oë vind haar in die duisternis van die kajuit, en sy steek haar hand uit om hom aan te raak, maar trek dit onmiddellik terug, ‘Gertrudes’ skree haar gewete, en sy snak na asem.
Sy maak vir hulle elk ʼn toebroodjie met koffie, en hulle sit langs haar kombuis tafel en eet in stilte, en sy sien die spiere om sy kakebeen, die diep gleuf om die hoeke van sy mond, en sy aantreklikheid laat haar, haar oë sluit.
“Gaan deur sitkamer toe, ek was net gou die borde, ek is nou daar.”
“Ek sal help.”
“Nee, ek is nou daar.”
Gertrudes vat die paar minute om haar balans te herwin, haar liggaam tot rus te dwing.
Aethel gaan sit plat op die groot mat in die middel van die vertrek, ‘Vader wat is aan die gang met my, wat is aan die gebeur binne in my’, en hy weet hierdie gevoel, haar gevoel, is ʼn maand oue gevoel, en hy weet, hy ken dit nie.
Hy beleef vir die eerste keer in sy lang bestaan iets wat so totaal onbekend is, maar so totaal wonderlik is, en hy vrees dit, en hy smag daarna.
Wanneer hy opkyk in haar oë sien sy dit in sy swart oë, en verloor sy beheer oor haarself, is sy skielik net mens, net vrou wat lief het, wat begeer om aangeraak te word.
Wanneer sy haarself kry is sy langs hom op die grond, soen sy daardie perfekte mond met ʼn passie wat ʼn warm opwelling in haar bring, vat sy aan daardie perfekte gelaatstrekke, voel sy daardie slanke vingers teen haar hare, haar gesig, en in haar ontplof die gevoel van geluk.
Sy voel die krag van sy rugspiere wanneer haar hand teen sy rug af beweeg, voel sy manlikheid teen haar swel, voel hoe sy haar teen daardie polsende manlikheid druk, voel sy haar hand onder sy hemp af beweeg tot dit bokant daardie perfekte manlikheid tot rus kom. Voel hulle opwelling na opwelling in hierdie oomblik, dan ruk sy tot besinning, ‘Here wat doen ek, wat het oor my gekom’, en wanneer sy weg beweeg, sien sy, sy oë, verbasing, verwondering, verwagting, verlorenheid, dit is alles daar in een, en Gertrudes weet sy het iets aangeraak wat nie voorheen lewendig was nie, en sy weet hulle moet uit hierdie situasie kom.
Wanneer sy opstaan en agteruit na die kombuis retireer, sê sy sag met emosie wat sy nie ken nie, “Ek is ontsettend jammer hieroor, vergewe my, my onbesonnenheid.”
Hy sit daar met die pikswart oë wat smeul, verlam van die passie wat oorgeloop het, verlam in die wonderlikste oomblik van mens wees, en in sy verwarde hart is daar vreugde en vrede, maar hy weet nie waarom nie.
“Gaan asseblief.”
Hy staan stadig op, so stadig soos die ou man wat hy weet hy is, stap tot voor haar, weet hy wil weer een oomblik die ekstase in sy hele wese voel. Vir een oomblik voel sy die warmte van sy hand teen haar buik, daar waar die passie nog klop, dan die vastrek van haar liggaam teen die warm sterk lyf, die sagte soen op haar wang, die brandende begeerte van sy lippe op haar lippe, en dan is hy weg, geruisloos, asof hy nooit daar was nie, maar hy was, en sy ruik sy teenwoordigheid in haar huis.
Daar is geen slaap vir Gertrudes nie, sy is soos ʼn vasgekeerde dier, sy stap heen en weer in haar kamer tot die oggend kom, en sy jaag kampus toe, wag in die ouditorium, wag dat hy moet kom sodat sy hom kan sien, kan voel, kan smeek om haar lief te hê, want skielik is dit haar lewe, nie hierdie kampus nie, nie hierdie Professors amp wat sy beklee nie, nee hy, en net hy vir ewig.
Hy kom nie terug nie, nie daardie dag nie, en ook nie die volgende dag nie, en niemand mis hom nie, niemand onthou hom nie, en Gertrudes verloor in drie dae haar rede, kan nie glo hy het nie bestaan nie, was nie daar nie, en sy onthou waar sy huis is en sy gaan laatnag daarheen, en sy klop maar dit word nie beantwoord nie, en haar lewe stort ineen, en Gertrudes Johannsen verkrummel en verloor haar bewussyn, en sy sweef na ʼn plek aan die begin van die aarde, ʼn plek soos hy – dit wat nie bestaan nie.
Dit is daar waar hulle haar kry, en hospitaliseer.
Wanneer Professor Gertrudes Johannsen na drie maande uit die kliniek stap, is sy ʼn ander mens, het sy geen herinnering van Oktober 2000 nie, is die bladsy skoon gevee, behalwe vir ʼn millisekonde prentjie van ʼn gesig wat haar elke nou-en-dan teister.

Aethel sit in sy verlorenheid in sy laboratorium tussen sy sterre, en hy onthou tien jaar gelede. Onthou die passie wat hy weer ondervind het vandat sy hier is, onthou die lamheid in sy liggaam, onthou die alles oorheersende vreugde wat haar aanraking gebring het, en hy smag daarna.
Hy onthou hoe hy sy veilige hawe binne gestrompel het, hoe hy sy onmag teen die gevoel wat hy nie geken het nie uit geskree het. Onthou die wete dat die gode geweet het dat hy die gevoel het, wat net een maal in die lewe van ʼn baie klein persentasie wesens kom, liefde, ware liefde.
“Die antwoord lê in jou verlede, ‘gaan terug na jou begin en gaan vind uit’ was die raad van sy raadgewer, Graaf Keith van Dunessex, wat reeds ʼn duisend jaar met hom is, soos sy vader vir hom is.
Boodskapper wat hy was, het hy die verslag gaan afgee aan die een instansie wat hy weet dit sal bewaar, sien hy Roscoe Somers vir ʼn paar oomblikke, gee hy hom die boodskap om die verslag op ʼn spesifieke dag openbaar te maak, en lank voor Gertrudes in die pos was, het hy verseker dat die verslag weer haar verantwoordelikheid sal word in die toekoms.
Herroep hy Roscoe Somers se ‘bêre’ van die verslag, en sy verloor van sy geheue oor die bestaan van die boodskapper, maar nie van die boodskap nie.
Hy beleef weer die reis om die antwoord te kry wat sy lewe gerig het, hy onthou die vraag wat hy gevra het in die aangesig van die gode, “Wat het met my gebeur, wat is in my, wat is die gevoel?”
Die stem was daar, “Het jy ʼn mens aangeraak, en het hierdie mens jou aangeraak, wil jy elke oomblik by die mens wees, voel jy leeg wanneer die mens weg is, voel jy warm en lewend wanneer jy in die teenwoordigheid van hierdie mens is.”
“Ja”
“Dan het jy liefgekry.”
“Dan het ek liefgekry”, het hy eenvoudig geantwoord, “Wat nou?”
“Net wat jy wil, enige iets is moontlik, maar alles het konsekwensies.”
“Ons sal jou al die antwoorde gee, maar jy moet besluit, en dit sal vir ewig wees.”
Hy kom terug, maar nie terug na MIT nie, terug na sy kasteel in Skotland, die sentrale punt van sy bestaan, sy verlede, hede en toekoms, en hy wag, want hy weet wat hy wil, en hy vrees die emosie van liefde wat hy nie ken nie, maar hy smag daarna, smag na haar wat dit in hom wakker gemaak het, en hy wag geduldig want sy hele toekoms is aan die gebeur.
Hy hoor haar alle gedagtes, hy bring sy dae naby haar deur, staan hy ongesiens in haar teenwoordigheid, raak hy haar aan, aan haar wang en aan haar rug, daar waar sy hom aangeraak het, en hy waak oor haar.

Dit is na twaalf in die nag wanneer sy stil deur die gange na sy planetarium stap, hy is daar, wagtend op haar, wetende sy sal kom.
Sy sit haar arms om sy lyf en staan stil teen sy warm rug, “Dit was jy daar in MIT in Oktober 2000.”
Hy draai om, knik sy kop stil met sy oë vasgevang in hare.
“Hoekom ek, hoekom het jy my gekies, en hoekom het jy my verlaat?”
“Ek het jou lankal gekies, Gertrudes, want jy is besonders, jy besit die bekoring van al die sterre aan my hemel, jy is die briesie oor my velde, jy is die asem wat ek inneem wat my deur my duisend jaar dra.”
Hy wag ʼn oomblik voor hy voortgaan, “Hoekom ek jou verlaat het, want jy het iets in my wakker gemaak, ontketen wat nie in my bestaan was nie, iets so wonderliks, meer wonderlik as al die ervarings wat ek in my duisend jaar beleef het, maar dit was nie in my kennis veld nie, en vir die eerste keer in my duisend jaar het ek nie ʼn antwoord gehad nie, het ek gevrees, en kon ek net vlug voor soveel emosie.”
Hy lig haar hand en raak haar aan met sy lippe, en sy maak haar oë toe voor soveel passie, “Jy was veronderstel om alles te vergeet, soos al die ander mense in my verlede, maar jy het nie, en dit het my teruggedryf na my begin.”
Hy neem daardie ongelooflike mooi gesig, en soen hy ʼn mens vir die derde keer in sy duisend jaar as mens wees, en sy vrees is weg, en dit is wonder soet, en hy voel ʼn tinteling in sy are wat nooit daar was nie, die passie van ʼn man na die vrou wat sy hele wese besit.
Hy laat haar gaan, want dit wat hy ʼn duisend jaar reeds weet tref haar nou, en in Gertrudes se kop weerklink dit, ‘Wat nou, wat moet sy doen, en skielik weet sy, sy moet wegkom uit hierdie sprokies verhaal, sy moet huis toe gaan om eers net tot haar sinne te kom, te gaan verwerk wat sy nou weet.’
Hy trek haar terug teen sy warmte, soen haar lank en innig, voel die ekstase in sy liggaam, en die antwoord van haar liggaam teen hom. Hy voel haar sagte hand teen sy buik, die aanraking soos daardie aand, en in hom is geen verlorenheid nie, net passie en vreugde, en hy hou haar hand vir een oomblik daar vas, en hy laat haar gaan, en hy reël met die staf om haar te help om te pak en te vertrek, en hy sluit homself toe in sy planetarium terwyl hy alles bymekaar sit om vir haar te stuur.
Anders as in Oktober 2000 verloor Gertrudes nie kop nie, verloor sy nie die bewussyn aan hom nie, is sy nugter en by haar bewussyn, weet sy die besluit is hare, hare, en hare alleen, en gloei dit in haar, sy weet wat sy wil, en sy voel dit elke oomblik in haar vrouwees.

Gertrudes vat twee dae voordat sy ingaan na die Instituut, en wanneer sy instap voel sy die opgewondenheid aan, “Wat is aan die gang hier,” vra sy gemaak streng.
“Gertrudes, hierdie toerusting, die verslae, alles wat vir jou afgelewer is, waar kom jy hieraan, dit is uit ʼn ander wêreld, dit moet uit die toekoms kom want so iets het niemand nog ooit gesien nie.”
Wanneer sy die toerusting sien kom daar ʼn vrees oor haar, wat beteken dit. Sy vat die koevert wat Herman na haar uithou en sonder om dit oop te skeur stap sy deur na die privaatheid van haar kantoor. Hier voor die ander kan sy nie hierdie brief lees nie, want sy voel die vrees in haar.
Sien sy die handskrif, duidelik en perfek, soos die handskrif van ʼn boodskapper seker moet lyk, en sy ruik hom in die papier, en sy sien hom in haar gedagtes, en sy voel hom in haar liggaam se saamtrek.

Liefste Gertrudes
Ek stuur jou al die toerusting en die dokumente, die oplossing om die ramp te voorkom is eenvoudig, maar jy sal die wêreld moet oortuig jy is reg, die oortuig is in die verslae, en nou het jy die toerusting om dit te meet. Albei van ons weet van die Japanse wetenskaplikes se doelwit om met hul 57,000 ton boor 7,000 meter diep in die aard kors in te boor, hulle moet net op die regte plek boor en jy moet die aardkors verskuiwing ontlont voor die atmosferiese kragte dit beïnvloed. Veg die aarde se hitte met koue, maak oop die verskillende swere wat in die aardkors borrel voordat die aarde dit self op een slag doen.
Ek weet van die atmosferiese kragte want dit is ʼn nagevolg van daardie onbesonne magspel van die gode, dit is waarom ek 1000 jaar moes bly leef, want dit was my primêre boodskap aan die mensdom, indien jy hierdie taak op jou neem om hierdie ramp te voorkom, het ek my lewensdoel bereik.
Ek wens jou alle voorspoed toe, ek weet jy sal doen wat gedoen moet word, want jy is besonders.

Aethel Van Wessexstan, jou gewillige boodskapper

Skielik verstaan Gertrudes die verband tussen alles, die kennis is in haar, en sy weet skielik hoe die hemel magte met Mars en die helium, die hitte in die aardkors affekteer, verander, en ontlont, en weet sy dit is in die ontlonting waar die redding lê, en sy kom tot rus, ‘Dankie Here hiervoor, dankie vir ʼn boodskapper soos hy’, flits dit deur haar kop.
Die vrees is in haar, en is die ramp wat vir die Afrika kontinent wag nie so groot soos die ramp wat vir haar wag indien sy hom nooit weer sien nie, hom nie vir die res van haar lewe elke oomblik by haar kan hê nie, en is die vrees in haar dat hy weg sal gaan soos voorheen en sy hom nooit weer sal sien nie, groter as haar begeerte na die lewe, en sy weet, iemand anders moet nou eers aan hierdie ramp werk, sy moet terug na ‘Dún Fother’, en sy probeer uitwerk wanneer sy string volmaak sal wees, maar haar verstand weier om dit te bereken.
Dit neem haar ʼn volle week om alles aan haar span te verduidelik, om Herman in beheer van alles te kry, en soos sy staan tien talle wetenskaplikes sprakeloos voor die feite en die briljantheid van een mens.
Haar hart word benouder en benouder, ‘Is daar hoop, is daar enige kans op liefde, op lewe, wat beteken dit om ʼn boodskapper vir die gode te wees, die betekenis van die lewe, die liefde, en die saamwees wat sy begeer’, en sy weet hy sal moet luister na haar, hy sal moet wag vir haar, en sy dink dit oor en oor, want sy weet hy kan haar gedagtes hoor.
Hy hoor dit en hy soek antwoorde op die vrae wat vir 1000 jaar hom nie geteister het nie, want daar was nooit iemand soos sy nie, en hy weet, hy het die twee keuses wat die gode hom bied, en sy sal die keuse moet maak vir hul albei, maar hy sal nie sonder haar kan wees nie.
Sy pak ʼn tas en sy vat die eerste vlug Skotland toe, en sy bid.
Wanneer sy uit die lughawe gebou stap, is Graaf Keith van Dunessex daar, en hy wag vir haar, en hy weet iets wat nie in ʼn duisend jaar gebeur het nie, is aan die gebeur, en Aethel se opgewondenheid is ook in hom.
Sy kry hom voor die foto’s waar hulle op die trappe gesit het die aand toe sy besef het wie hy is, en die leed en die hartseer in sy oë, smeek om vergifnis.
“Waarom vergifnis,” vra sy.
“Want ek het jou hierin getrek, ek kon enige iemand anders gekies het, maar ek wou jou hê, ek wou jou vir altyd net vir myself hê.”
“Hoekom het jy nie net gevra nie.”
“Indien ek my alles vir jou geopenbaar het, sou jy my gesien het soos nou,” en sy gesig wys sy leed.
Sy weet sy het daardie toets amper twee keer gedop, maar nou is sy reg, en nou sien sy hom in sy volle wonderlikheid, en sy sê dit vir hom.
Wanneer die kloppende polsing tot rus kom, bly sy staan in sy omhelsing, en sy vra, “Wat nou, wat beteken dit dat jy alles vir ons gestuur het, is dit jou einde?”
“Nie noodwendig nie, dit alles behoort aan hierdie boodskap, ek het geen nut verder daarvoor nie, dit is vir jou, vir julle, om te keer wat te keer is.”
Hy kyk na sy sterre en terug na haar, “Ek het dit altyd oorweeg om in 2010 wanneer my string weer volmaak sal wees te sterf”
“Hoekom.”
“Want hierdie was my primêre boodskap, en dit sou reeds gelewer gewees het, en na ʼn duisend jaar se dra van boodskappe, waarna die mensdom baie keer nie eers luister nie, is ek moeg.”
Sy druk hom aan haar hart, “Moenie dit sê nie, moenie die dood kies nie, nie nou nie.”
Hy lig haar ken op en kyk in haar oë, “Wat sê jy?”
“Ek het jou lief, ek weet wat die uiteinde sal wees, ek sal oud word en sterf en jy sal so mooi en jonk bly vir altyd.”
“Pla dit jou?”
“Nee, want ons kinders en ons kleinkinders gaan jou vir altyd by hulle hê, en ek sal met ʼn geruste hart kan sterf eendag, dit sal nie gou wees nie want albei my grootjies het meer as honderd jaar geleef, en indien jy kans sien vir ʼn baie ou vrou wat jou oor tagtig jaar nog lief gaan hê, kies my dan bo die dood.”
Hy druk haar aan sy hart en sê weer en weer, “Ek wil, ek wil met my hele hart, met my hele duisend jaar se bestaan, wil ek by jou wees vir altyd. Ek weet nie wat die wonderlike gevoel is wat jy in my laat lewe nie, want ek het dit nog nooit voorheen beleef nie, net jy bring dit in my.”
Wanneer haar hand die warmte van sy rug onder sy hemp vryf, voel hy die gewaarwording in sy liggaam wat hy nou ken, en hy weet, net vir haar bedoel is.
Wanneer hy die soetheid van haar mond proe, weet hy dat hy saam met haar, nog een besoek aan die gode sal bring, om te gaan haal die een wens wat aan hom beloof was gedurende sy laaste besoek, en hy weet hy sal dit kry.
Wanneer hy die lamheid in sy bene voel, gaan sit hy op die dik mat, en skielik is Oktober 2000 se onthou en begeerte in albei. Wanneer Gertrudes langs hom neersak is dit hy wat haar liggaam eerste aanraak, is dit hy wat die sagtheid van haar vel voel, en dan die opwelling in hom, en die ekstase in haar oë bring ʼn gevoel in hom, wat so diep en so bevredigend is, en dan die saamtrek van sy liggaam wat alles oorheers. Die eerste aanraak van haar buik bring ʼn groter ontploffing in hulle liggame as wat die aardkors ontploffing ooit sal wees, en hulle herleef die passie saam, en dit is wondersoet.
In die nadraai van hulle liefkosing, vra hy, “Waarvoor sien jy kans Gertrudes, ewige lewe, of verganklikheid, dit is jou besluit vir ons.”
Sy weet, sy wil hom vir ewig elke dag sien, en daarin lê haar keuse, en sy weet sy is die een wat van ewig leef sal moet leer, en hy van ewig bemin en passie, en in haar is ʼn bruising soos niks wat sy ooit voorheen beleef het nie.
Sy sê dit vir hom, “Ek wil ʼn ewige lewe met jou deel, maar hoe kan ek?”
“Jy kan, dit weet ek, want besef jy wat jou string is Gertrudes, jy is op die 12de van die 12de maand 12 minute oor 12 gebore.”
Gertrudes snak na haar asem, ‘Here of dit Jy is, en of dit die gode is, dankie vir hierdie genade.’
Sy voel sy hitte teen haar, en hy voel dit, en die passie wat dit in hulle veroorsaak is nou so bekend, so ongelooflik soet.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed