Wanneer te veel, te min word
Al wat ek het
gee ek nou
net vir jou
plak dit teen my roep
verby die horison
waar my hart skuil –
want in hierdie siels-stiltes
vang ek uurtjies vol vreugde
met elke klank van jou gedagtes
wat warrel om my hart se hoeke.
Om onvolmaakte tjank geluide
in groen gras te groei –
is iets wat selfs Van Gogh mee sou stoei
maar met minder as wat mensmerke kan los
gee ek die bietjie wat ek het vir jou.
En nadat my prent uit jou popup-icon verdwyn
of ek erkentlik wegdraai van my ander wang,
omdat elke sekonde vebouereerd verwind;
sonder verduidelikings
onthou net
wie het jou geleer
om oomblikke soos nóú
te kalibreer.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
2 Kommentare
-

Tearlach
Baie mooi gedig Caren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek