
Bejaarde liefde
Onbaatsigtige liefde en omgee
dit gaan oor die herinneringe in hul harte
God se beloftes
van liefde, vergifnis en vrede
Hulle liefde vir mekaar, is sterker
al het die tyd hulle agter gelaat
hul durf en deursettingsvermoë,
deur beproewinge
hul weë wel gekaart
Hulle wêreld het gekrimp
maar dit het nie hul harte verdroog
in die koms van die lewe se donkerste uur
een liefde, een van hart een in hul strewe
Liefde is tydloos
soos ‘n pot goud aan die einde van ‘n reënboog
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek