Jongste aktiwiteit:

Orania en God

As die nag-uur se stiltes oor Karoovlaktes draai
en die voëls se kwetter sagte nagsê tjirp-geluide word
wyl die skittersterre een-een hul sitplek inneem
dan loer die maan versigtig met sy roes-rooioog
oor grys platkop heuwels en uitgestrekte rante

my voete die strate van die stille Orania wandel
ek in ontsag vir die Hemelse heelal indrink
ʼn steenbok wat rustig op grasperke wei
sy koppie lig en ʼn oomblik met my oë sluit
die vrede o Heer, wat U in sy hart laat rus

versigtig wandel ek deur die Dassiepad
klippe ʼn donker struikelplek vir my lewensvoet
ek loop hier Heer want sonder twyfel, weer en weer
kan ek die grootsheid van U hand besoek
die skenking van U engele my onvas voet kom lei

dit is hier Heer dat ek sag en in U groot gesag
ʼn knie kan buig en my hart van U getuig
waar die dag nou oorvloei na U sagte rus
my hart in U palm plaas en deel in U vredesvrug
dit is hier waar ek U lewe my hart voel vul

gee ons almal Heer hierdie liefde, hierdie sagte vrede
neem weg hierdie sieledoder, die hart’s vermoorder
plaas U rus, U eindelose liefde in ons lewenskede
omsluit ons harte in hierdie gebroke lewe




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed