
Gebed
Wanneer jou tree
sy spasies verloor
en jou trane vlak lê
en niks in die nietige wêreld
jou meer kan aanspoor
weet jy
dat die begin van die einde
jou in die oë staar
die kruispad
hier voor jou
is deurkruis
met die onvermoë
wat jou deurboor
en jy val soos die trane
op jou wange
neer op die grond
en smeek vir genade
vir rigting
ñ nuwe begin
en dit is waar ñ oorbegin bid
op jou knieë
verdien jy meer
as wanneer jy hardloop
na niks
op jou knieë
kan jy opkyk
en genade ontvang
so meet jou spasies in tyd
tyd van genade
waar jy die saligheid
van Sy liefde kan ervaar
daar waar jy op jou knieë
soebat vir meer
en besef die eenvoud
van jou selfbehoud
lê net in gebed.
2018 © C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.