Jongste aktiwiteit:

In Glas

Deur die prisma van
jou glaskasteel
skyn ‘n spektrum van lig
wat aldag om jou speel
nes die draai van seisoene

as die oorsprong en effek
jou verbeelding ontklee
en jou drome vurig gloei
wanneer betowering dit betree

skitter diamantdruppels
oor jou onbevlekte wange
drup die suiwerse van goud
uit konstellasies van hartsgange.

© Carla Visser
07.02.2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed