Jongste aktiwiteit:

Nuwe drome

In die gallery van my hart
hang skilderye van jou teen die mure
jou woorde eggo-fluister deur die gange
ek voel hoe brand die vlamme

Jou lippe brand op myne
jou hande hou my gevange
jy vul al die leë hoeke met liefde
sag skyn die maanlig deur die ruite

Gee my jou hand
ek gee jou die mooiste  kleure
saam verf ons ‘n nuwe begin
met my en jou daarin




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed