Genoeg
Genoeg. (4de skryfkompetisie )
Wyl voorspoed wense
van alle oorde af instroom
en my hart met dankbaarheid oorloop
vir ‘n tyd waardeur die Here my deur gelei het
is my eenvoudige gebed
vir hierdie nuwe jaar –
Genoeg…
genoeg voorsiening
om nooit swaar te kry
genoeg geselskap
vir tye wanneer eensaamheid dreig
genoeg omgee
om iemand te help
genoeg vriendelikheid
wat vir elkeen geld
genoeg teëspoed
om voorspoed te waardeer
genoeg haat
vir liefde om te triomfeer
genoeg ontkenning
om erkenning te geniet
genoeg bemoediging
in tye van verlies
genoeg hoop – elke dag opnuut
om God se guns altyd raak te sien
Heer my gebed is
gee asseblief net genoeg
en dankie vir die vergunnings
wat U goedgunstig byvoeg
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.