Soos jy
Wie sal my optel as ek val –
die smaad van my afskud
soos jy?
Wie sal my vashou
as angs my oorval –
en my gedagtes kan aflei
soos jy?
Wie sal my leer
van die maan en see,
die melkweg en planete
en die suiderkruis –
of ligglimmers gee
as die aarde vir my
haar donkerkant wys…
Wie sal my pêrels
soos goud bewaar –
my gemoed in vrede laat rus,
my geite en giere aanvaar
en kan liefhê net soos ek is?
Wie sal my flaters soos vratte
na die maan kan blaas
en mý met my foute
op ń troon kan plaas?
Wie sal ooit kan opstaan
en baklei vir my…
soos jy?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek