WINTERLIEFDE
WINTERLIEFDE
winterhart sny reg deur my
wens jy was hier langs my sy
wag ek alleen op die treinstasie
so eensaam hier op die hout bankie
met my warm stomende drankie
kom die trein die stasie ingery
het ek jou vir altyd kom kry
opgewonde borrel dit in my
my hande wil net oor jou gly
soos liefde het jy my bevry
my drome flits so vinnig verby
winterliefde klaar gekry
@Eleen van Deventer Vorster
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek