Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2018 – Liefdes projek(Bladsy 2)

Al die kommersiële bohaai aangaande die maand van liefde kan ‘n demper plaas op die werklike skoonheid en waarde van die liefde, daarom is dit die plig van skrywers en digters om die liefde te omskryf soos dit werklik ervaar word.

Digters:
skryf in enige vorm ‘n gedig wat ware en werklike liefde omskryf sonder om in die strik van soetsappigheid te trap. Skep nuwe en opwindende metafore, neologismes en vergelykings om jou siening oor liefde te verwoord. Let op die basiese reëls van poësie maar dink en skryf vernuwend.

Skrywers:
Skryf ‘n vonkfiksie van nie meer as 200 woorde nie oor die wonder van ‘n eerste liefde.

Rubriekskrywers:
Skryf ‘n artikel oor die bestaansreg (al dan nie) van die gebruik van Valentynsdag in ons moderne samelewing.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

SEISOENE rooi roos van my hart hou ons mooiste drome vas vasgevang in goud seisoene skuifel silwermaan volg liefdesgolf drome op sonstraal in sprankelspasies gebou immer getrou bly my hart stadig sluipend so sing my hart n nuwe lied gelukkig tesaam *Neologisme: spankelspasies liefdesgolf

In die middel van die nag het ek smagtend vir jou gewag ek voel jou stomende asem ons liefde is toegewasem In die middel van die nag soene sag in die stomende nag jou lippe rooi soos skarlaken tussen fyn linne en ń laken In die middel van die nag het my liefling vir my […]

Liefde is (4de skryfkompetisie) As liefde nie maanskyn en rose kaggelvuur en soetwyn bloesende wange en flinders in die maag is nie – wat is dit dan? liefde is die storms terwyl jy vir die reënboog wag dit is langs ‘n siekebed sit terwyl jou hele liggaam na slaap smag dit is om elke sent […]

Word die hart deur die verstand aangedryf of word die verstand deur die hart aangedryf ? deur die handewerk van die mens is die begrip “liefde’ deur die wind vergans Wat is Liefde? liefde maak tyd kort maak swaar lig maak donker helder en maak drome ‘n werklikheid Liefde is vertroue onthou jy nog ons […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed