Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2018 – Liefdes projek(Bladsy 3)

Al die kommersiële bohaai aangaande die maand van liefde kan ‘n demper plaas op die werklike skoonheid en waarde van die liefde, daarom is dit die plig van skrywers en digters om die liefde te omskryf soos dit werklik ervaar word.

Digters:
skryf in enige vorm ‘n gedig wat ware en werklike liefde omskryf sonder om in die strik van soetsappigheid te trap. Skep nuwe en opwindende metafore, neologismes en vergelykings om jou siening oor liefde te verwoord. Let op die basiese reëls van poësie maar dink en skryf vernuwend.

Skrywers:
Skryf ‘n vonkfiksie van nie meer as 200 woorde nie oor die wonder van ‘n eerste liefde.

Rubriekskrywers:
Skryf ‘n artikel oor die bestaansreg (al dan nie) van die gebruik van Valentynsdag in ons moderne samelewing.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

In die niks tussen jou hart en jou knieë kan ’n liefde ongesiens, onontdek sluimerend groei, tot eendag! Sou jy dan jou tassie pak en oor wye oseaan haar vind? Laat háár dan toe om jou hart te heel, jou binneste te vul -nie om met haar te speel, maar- vir haar te gee jou […]

Hier is ‘n winterkaros om ons toe te kombers, jou lyf kontoer my teen jou vas- elke legkaartronding is gemaak om te pas en die vlammetjie flikker bo-aan die pit van ons kers. Ek proe die soet-suur van maande se onthou, skil en kook en ‘kênfroet’ emmers vol bitter ervarings, en plant vreugdepitte in die […]

Varinggroen oë Hy kyk in haar oë. Groen soos varingblare, met die mooiste ooghare daarom. Lang, donker wimpers wat by haar donker hare inskakeer. ‘Sy gaan nooit grimering nodig hê om te sien waar haar gesig is nie,’ dink hy. “Oom?” Haar stem laat hom besef dat haar trane baie naby is. “Kan ek jou […]

‘n sonstraal trippel rond op die kleindorpie-werf, klop aan ‘n venster om die slaap binne te bederf, wanneer die wind liggies aan die gordyne pluk klim hy skelm deur die venster, heel in sy skik! in die koel oggend kom sprei hy wyd oor ons en koester ek die liefde wat uit jou oë tot […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed