In jou lê jy
Waar lê die prag
vanaand
my liefste maandromer
as jou verlange
saam die wind sing
sal jy dan vir my
hoop kan bring
wanneer die slaap
verwagtinge vashou
sal jy dan ook
spore na laat
in die nag se soen
waar die kommer van môre
homself verbloem
daar waar die maan
fluister
van liefde
wat in die skemer
van onthou
nog sterre skilder
in jou oë
daar waar dit begin het
in die diep
van deurboor
die prag van vanaand
lê in die skadu
van jou
waar die maan
so helder skyn
dit was
soos nou
die prag
in verloor.
2018 © C. Holder.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek