Liefde is bittersoet
Rol, ruk sweet in die bed
die vampier gryp haar
aan die keel met ‘n warm byt
sterf sy met ‘n glimlag
op haar lippe sag…..
In die verte hoor jy
sy bloedstollende lag
met ‘n waglike lus na nog
…skielik hyg sy na haar asem
haar oë staar kaal
en sielloos na buite
vir die bitter soet smaak van liefde
Sal iemand die vlam
weer kan aansteek
vir hierdie emosie
wat so baie harte breek
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek