Altyd is ń lang tyd en nooit net ń katspoeg ver
Soms gaan my gedagtes
onwillekeurig op loop
sommerso sonder rede
of gewete
so ál asof dit my wil straf –
dan onthou ek weer
vir jou en jou hande
wat helend
my seer wegstreel,
ek onthou
jou glimlag en jou oë,
daardie oë
wat soveel keer
diep in my siel kon kyk
terwyl jy pleitend vra
dat ek jou moet vertrou
en glo
dat jy my N-O-O-I-T
ooit sal seermaak nie…
ek onthou
ons wilgerliefde langs die dam
die mooiste mooi sonsondergang
ek onthou
Tan Malie se winkel
en die ou ossewa
ons laatnag eskapades
by Sudwalakraal
die trane oor jou wange
as verlange aan jou vreet
elke keer as ons vir ń wyle
moes afdkeid neem
en weer netso moet vergeet
terwyl jy getuig van liefde
wat diep binne jou brand
liefde wat jy koester
en vir ewig
en A-L-T-Y-D sou bewaar
Maar, ek onthou ook die dag
toe jy soos ń Judas
jou rug op my gedraai het –
my liefde soos water
van jou rug afgeskud het
en hartvogtig in die wegstap
jou doringdraadwoorde
oor jou skouer na my spoeg
wyl jy my pêrels vir die varke voer…
daardie dag toe ek besef het
dat jy niks meer as ń klug was nie
* Vir Saartjie, mag jou hart gou weer lag.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek