Iewers Doer ver
Iewers Doer Ver
Deur: Ryno du Plessis
Sagte lig brand binne die ou baksteenhuis.
Sou dit ’n kaggel wees— die lig te skerp vir ’n kers?
Kinders baljaar vir oulaas rond voor die dag finaal groet.
Heining van sink bewaar die huis teen buitekwaad.
Jakkals sal maar ’n ander plan moet maak.
Vol glimlag staan die maan, op sy pos om die nag te bewaar.
Hy skyn reeds hoër as wat die bome staan.
Iewers doer ver sit elkeen met hul eie lewe toegesper.
Almal het ’n liggie wat skyn— 2al raak dit soms vaal.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.