Lied van die storm
Lied van die Storm
Deur: Ryno du Plessis
Tussen donderweer en branders
kan niks hierdie saak verander.
Die lewe woed sy eie gang, soms sit jy vasgevang tussen moedeloos en bang.
Vrede is soos die klank van vioolmusiek— dit streel die siel.
Al maak die branders van die see of donderweer tussen donker wolke nie die klank van ’n simfonieorkes nie, vind steeds die musiek tussen woorde van gebed.
Geen storm is te erg, al lyk dit soos die grootste berg.
Daardie mooie lied jaag die storms altyd weg.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.