Jongste aktiwiteit:

Net ‘n versie in blou

rose is nie altyd rooi nie, my lief
en net sommige viooltjies blom blou
maar suiker is altyd soet, my lief
en só ook hierdie woorde aan jou

maar wat maak die kleur van blomme tog saak
of hul geel is, of pienk is, of pers
en die soet van suiker is min ter spraak
as ek sê “ek het jou lief” in ‘n vers

die lelies van die vlei blom wit, my lief
en swart is die modder waar hul staan
maar heuning is nog altyd soet, my lief
en soos sout is die smaak van ‘n traan

rose is nie altyd rooi nie, my lief –
soms blom elke viooltjie in blou

© Carma Shaw
1 Maart 2014

* Uit my eerste bundel: Kopermaan Tot Spikkelpelikaan




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed