wanneer son in my hart inklim
‘n sonstraal trippel rond
op die kleindorpie-werf,
klop aan ‘n venster
om die slaap binne te bederf,
wanneer die wind
liggies aan die gordyne pluk
klim hy skelm deur
die venster, heel in sy skik!
in die koel oggend
kom sprei hy wyd oor ons
en koester ek die liefde
wat uit jou oë tot in my hart bons.
©adéle
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek