
oorlewing
stormagtige see bring chaos
deur siedende geweld van golwe
snyende kouefront-winde gooi sproei
donderende aanslag teen die wit strande
daarna die miljoene seediertjie-huise
wat op strand agterbly vir voëls
voëls wat dit kom opruim
storms bring lewe
vernuwe lewe
so bring
stormagtige tye
nuwe lewe
vir die
volk
wat
die
smeltkroes
oorleef
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.