Jongste aktiwiteit:

vroom

soos room spoel die wit-watersoom
maak strepee op strand en sak weg
soveel golwe, soveel wit-streep-some
borrelende genot vir oog om te sien

saggies drup en waai miswolkies oop
soggens se genadige koelte-kombers
maak droë duine klam en aangenaam
laat skaam voëltjies skelmpies kwetter

oor duine kom kombuis geluide gesweef
elke vlaag wind van see se kant vars lug
golwe wat breek maak musiek in my oor
meeue se treurige kerm-skreeu klink op

so vroom soos die toneel hom ontplooi
kan stormwind dit gou in chaos ontplof
bote laat omslaan en borswerings verniel
valse vrede wat heers tussen see en land

op land stap mense rond met gevoude hande
sommige met vroomheid wat uit hulle straal
ander aangeplakte in-ge-oefende vroomheid
vroomheid is ‘n hartsgebaar wat uit siel kom

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed