Vir altyd en ewig
Wanneer liefde
kom nesmaak
in jou siel
en soos mos
op jou hart
kom lê
moet jy eers
na die reënboog stap
moet jy eers
aan die wolke raak
dan gaan die hemel oop
met ‘n blink nuwe pad om te loop
U goedheid en liefde dra ek in my palm
tot by die breuk van my lewe se halm
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek