Jongste aktiwiteit:

MY PYN VERDWYN

MY PYN VERDWYN

die maan se glans verdwyn
bloei my hart om weg te kwyn
waarom ruk en pluk jy my
jy steek iets weg vir my

verlep soos ń roos in pyn
soos ń doring steek dit my
wat soek jy nou van my
ń hart van klip en pyn

liegstories bly hier in my kop
die lewe skop my soos ń bok
hoekom moet ek dit verduur
ń lewe van soet en suur

jy maak so lelik met my
wees tog sag en mooi met my
soos Salomo groot en grys
was Salomo altyd wys

ons moet mekaar vergewe
ek soek jou in my lewe
die lewe vol verdriet
bring ń nuwe lied

1. AFDELING
Alliterasie ruk en pluk
Koeplet
2. AFDELING
Metafoor/vergelyking
3. AFDELING
Paradoks
4. AFDELING
Antonomasie
5. AFDELING
Refrein

© Eleen van Deventer Vorster




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed