Soos altyd
Tussen swart en silwer satyn sagte strale
skaats liefde geluidloos
deur die donker nag
strome lug wat my soos ‘n lied omvou
Soos ‘n rit in ‘n lug ballon
soos dit styg
al hoër en hoër
so glo ek aan drome
wat die blinde nag my gee
En uit diepe duisternis ‘n vlam
‘n viering van die lewe en die liefde
maar tog is daar ook, soos altyd
dood, verganklikheid
afskeid
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek