Daardie dae
onthou jy daardie dag
– ek dink dit was oktober –
op ‘n sonnige agulhas-strand
wolkies wit soos rafels kant
die vonkelwyn se borrels
het deur my hart gebruis
jou belofte kon ek hoor
bo die branders se geruis
onthou jy daardie dag
– iewers laat in juliemaand –
in ‘n koue nat namakwaland
die warm gloed van muskadel
het deur ons bloed gevloei
by die kaggelvuur se hitte
kon ons vervulling vind,
daar is ons vir altyd aan mekaar verbind
herinneringe vir ons oudag
van ons lewensreise saam
gebeure in ons lewe
wat ons elke jaar kan vier
nostalgiese gedagtes
die bitter-soet onthou
gevul met somerson
en goue uur
die warm gloed van muskadel
en soms ‘n kaggelvuur
Estelle Rubow
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek