Abstrakte kuns
Word die hart deur die verstand aangedryf
of word die verstand deur die hart aangedryf ?
deur die handewerk van die mens
is die begrip “liefde’ deur die wind vergans
Wat is Liefde?
liefde maak tyd kort
maak swaar lig
maak donker helder
en maak drome ‘n werklikheid
Liefde is vertroue
onthou jy nog ons beloftes
die saam besluit om een te wees
met my hand styf in joune
Elke persoon verstaan
die woorde Liefde anders
en elkeen het sy eie idee
van wat dit beteken
Liefde se kompleksiteit en intensiteit
is baie sensitief vir die destruktiewe element
in selfsugtigheid
dit is soos abrstrakte kuns
toor jou tot in die bos
vleggend deur die stofstormkringe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek