
Sou nie wou nie!!!
As die jare my iets geleer het
is dit reeds dit
ek sou nie wou nie
want my hartsnare
lê verlore
jy weet mos
wanneer is iets of iemand
nie vir jou dieptes beskore
en dit staan reeds in net dit
jy hou vas aan iemand
vir die vrees van iets
wat jy dalk nooit sal hê nie
so the next best thing
is die ding wat jou dryf
die ding waaraan jy kleef
vir jou lewe
maar nogtans as ek kon weet
nou
sou ek nie wou nie
en dit laat ‘n glimlag
in my hart
want om vry te wees
van wou en sou
die hoekoms en waaroms
in nou
vir jou verwoes
en dit is reeds dit
ek sou nie wou nie
en dit is gewoonlik dit
waarteen jy skop
die behoud van fout
steek nie in die seer van
kleef aan iemand
wat jou weggesmyt het
soos vuilgoed
so why would you settle
to cling unto something
that has no intention to
hold you dear
so ek sê weer:
ek sou nie wou nie.
Chantelle Holder
© 2015
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.