Liefde is ‘n slaaf
Ek wil net voel
iets voel
nie te veel, nie te min
ek wil net voel
Lyf reageer op lyf
twee harte wat saamklop
‘n mens is nie gemaak om alleen te wees
maar alles het ‘n prys
Liefde is soos ‘n verslawing
ek wil net voel
nie te veel, nie te min
ek wil net voel
Jou siel gegee
dit is niemand se skuld
net joune
weer probeer, weer probeer
nog net eenkeer weer probeer
Sommige liefde besit jou
dit leef in jou werwels
in jou brein
dit raak vir jou ‘n oorlewing
vrede, vreedsaam kalm elke keer
Dit laat jou opstaan
dit laat jou bestaan
dit laat jou bestaan eindig
dit laat jou val
Nie te min, nie te veel
ek wil voel
net eenkeer weer probeer
vrede voel, vreedsaam kalm elke keer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek