
EENSAAM EN ALLEEN
Eensaam en Alleen
As ek aan jou dink
klop my hart vinnig en verwoed
my gedagtes maal deur my kop
verdwaal in my eie verhaal
na sielskos wat my voed
lê jy swaar in my eie gemoed
so hinker my hart en siel
na liefde wat verdwyn
ek woed in eensaamheid
bitter hartseer en alleenheid
wat afspeel in my eie verhaal
in tye van my noodskreet
die liefde het my beet
©Eleen van Deventer Vorster
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek