Beste INKers
Na afloop van die Limiriek, en tydens die geforseerde grendeltyd, glo ek elkeen van julle verkies ‘n weg van minste teenstand. Vir die wat noodgedwonge tuis moet bly, en selfs die wat steeds daagliks uitgaan om noodsaaklike werk te doen, is my wens gesondheid en voorspoed vir elkeen.
Gebruik dus van hierdie kosbare tyd en skryf jou hart leeg en los.
Ter wille van die inperking, wil ek nie verder bydrae tot die gevoel van magteloosheid nie, en het besluit dat ons die projek weer as “OOP” gaan aanbied.
Hierdie maand is die opdrag vir alle kategorieë dieselfde:
1. Gebruik die woord “Grendel” in jou werk. Sinonieme is aanvaarbaar.
2. Geen inskrywing mag die woord “GRENDEL” as titel hê nie.
3. Daar is geen reëls aangaande lengte, struktuur of aanbieding nie.
Wees veilig en skryf in Afrikaans.
Projekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE