agter slot (brons)
agter grendel agter glas
pronk nou blomme van papirus
verander die lewe wat was
ons nou ingekerker deur ʼn virus
veilig op die vensterbank
kyk ons uit oor die warspul
vryheid kort voor lank
beloftes nou ʼn ronde nul
wag net – met tyd kom raad
niemand weet hoé nou
sal die streng reëls ons baat
dit sal ons weet sommer gou
agter grendel agter glas
kyk ons met vertroue
terug na die lewe wat was
binnekort vry in blye aanskoue …
©Marlene Erasmus
22/04/2020
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2020 – Ek wens dat ek … projek