
Tuissitter (Brons)
Terwyl ek agter geslote deure sit
en 21 dae die grendeltyd toedrentel
word die bloei van ons
jare weggeruk
maar
soos my silte nat trane
op geribte bladsye sputter
snoer reën my mond
met klaviernote op my blaredak
want sy’t simpatie
vir die verlies van ñ tuissitter
en laat my hart se juigtoon
tierelier in ñ liefdesdroom.
© Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
5 April 2020
Nadruk verbode
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.