droë gebede
in grootste droogte
in mense heugenis
klink daar duisende
stemme hemelwaarts
“vader” gee reën asseblief
gebede wat hemelwaarts klief
deur dorre blou skoon hemelruim
dan kom daar ‘n wolkie so groot
soos ‘n man se hand aangeseil
dit bring stort reën en hael
dit maak riviere uitbars
en damme oorloop
dan klink daar
net ‘n stilte
op na die
blou lug
daarbo
‘n stilte
veelseggend
van menslike geloof
mense wat glo en bid
vir hul Skepper om reën
te stuur elke jaar
totdat die reën
mildelik kom
dan:
“was dit ‘n goeie reën jaar”
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.