‘n Muurskildery vir ‘n skoenlapper (silwer)
In die molekules van my
woon klein stukkies van jou
vêr vanuit my agterste serebellum
tot voor die kleinste skulp wat jou branders maal;
‘n geelkelkblom vir jou grendelson
en as dagbreuk kom
soetgeperste nektar vir jou geelkelkblom,
stik my in die stukkies van jou
stik my sodat jy kan onthou,
en waar ek jou inkerf sodat jy vas gegrendel bly
en ons die wolke ry
bou ek vir jou ‘n halsnoer;
vir jou hart
en skilder vir jou,
‘n
muurskildery
van my kwintessense
hart.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2020 - Grendel projek