
onderkant die eerste ster
my duin lê vir baie
onderkant die eerste ster
vir ander dalk anderkant verste ster
in woestyn van woord soldate
en skrywers se skeppings
verdwyn gedigte dikwels
eenvoudig soos
mis voor oggend son
waarnemings vorm gedagtes
gedagtes verander in gedigte
gedigte gaan skuil in eensame
omgewing van ooraanbod
van multi-media
se kakofonie
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.