Kind wat het van jou geword
kinder, kindste van my
wat het van jou geword
ek sien jou nie meer glimlag in die spieël
kinder, kindste ons vry‘nes verniel
en ons dagdrome ingekort
kinder, kindste van my
wat het van jou geword
jy kon speel, kon gee, kon voel
en jou kinderhart kon leef, sy doel
om te raak daar waar dit saak
maar jy’t gelaat dat lewe dit staak
jou vry‘nes geketting in plig
geoffer jou troonlig
kinder, kindste van my
wat het van jou geword –
agter die plooi kry
en die diep kepe om die mond
waar tel ek jou kinderhart nou op
kinder, kindste van my…
al kan ek nie die tyd en vergaan stop
wil ek net weer die vry‘nes
van kindwees voel
© Cornien Naudé
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek