Herfs se laaste asem Goud
herfs is gedoop in karmosyn – in bitter laatoeswyn
wanneer die son teen die berge lepellê,
met ‘n kus teen jou wang goeienag kom sê,
sleep die maan haar wolkkaros
oor vaal karoo en pienk kosmos
herfs is gedoop in karmosyn – in bitter laatoeswyn
wanneer haar laaste kopergeel snik
in stof en wind verstik,
gee sy oor aan die winter se grou,
verdor haar voetval in spierwit oggend dou
AmandaDM
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek