Jongste aktiwiteit:

ProjekteMei 2024 – OOP projek

Beste INKers

Ek het onlangs ‘n heerlike aanhaling gelees, en alhoewel ek nie suksesvol was om die outeur te identifiseer nie, wil ek dit tog deel:
“Jou bestaan is soos die eerste dag van my lewe in die koudste winter.” – Onbekend

Nou dat ons so op die welkom-mat van die winter staan, hoop en vertrou ek dat die “bestaan van Afrikaans, en die voorreg om in haar klanke te skep, is soos die eerste dag van jou lewe in die koudste winter.”

Hierdie maand is voorskrifloos en so oop soos ‘n winterlandskap op die Vrystaat vlaktes.

Skryf jou hart oop; laat die ink vloei!

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Groete eers
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

warmgeslaapte nagasem tref en versplinter die vroegoggend winterlug hang vir ‘n wyle damperig rond tot dit koulik wegdryf ryptapyte bevestig: die herfs het gewyk sê met hul diamantglinster dat die winter ‘n sprokie is en die Skrywer daarvan ook die kreatiewe Skepper van stil en ysig-statiese aande en alleswinter tussen-in selfs die doodsheid van die […]

laika (brons)   ek sit en kyk na die sterre saam met my hond roxy en wonder of jy die mensdom sien skitter of proe als galbitter daar waar jy staar deur ’n patryspoort soos laika die ruimtehond lank-lank gelede   voordat haar kapsule die atmosfeer kon tref is sy verhef van rondloperbrak van moskou […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed