Jongste aktiwiteit:

wintersprokie – ‘n proloog (Goud)

warmgeslaapte nagasem tref en versplinter

die vroegoggend winterlug

hang vir ‘n wyle damperig rond

tot dit koulik wegdryf

ryptapyte bevestig:

die herfs het gewyk

sê met hul diamantglinster

dat die winter ‘n sprokie is

en die Skrywer daarvan

ook die kreatiewe Skepper van

stil en ysig-statiese aande

en alleswinter tussen-in

selfs die doodsheid van

die bibberseisoen

wat die weelderige herfskleure

met ysige vingers kom uitvee

dien ‘n uitgemete doel

 

in die sprokieseinde

vou die melancholikus

sy trooskomberse

stywer om sy lyf

en die bemindes se liefdesasem

maak druppelspoortjies

teen yskoue ruite




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed