Jongste aktiwiteit:

BIC pen (Goud)

BIC pen

ek kom uit massaland provinsie
my ma en pa en boet en sus
en almal in die boksie
daar in die CNA
lyk identies in gelid
ons lyfies is gedaantedun
met heel dieselfde DNA

as ons van die rak af kom
begin ons reis op aarde
so was ek al in vliegtuie
op skepe en ‘n trein
en oral waar ek kom
teken ek my ode aan
in een of ander waarde

ek werk in groot geboue
net soos ‘n Pelikan of
Parker
of selfs ‘n Montblanc of Omas
ek’s al deur name neergestip
beroemdes en berugtes
uit elke liewe klas

ek is goedkoop en geduldig
in afwagting gehul
vir ‘n nuwe optelvinger
om sy eerste lyn te trek
en al lê ek jare in ‘n laai
is ek na ‘n warm vryfie
altyd reg om weer te werk

vandag was heel iets anders
‘n hoogtepunt beslis
ver op ‘n afgeleë plek
in ‘n vaal verkiesingstent
het die volk sy stem gebring
en in elke keusehand
was ek die kruisie-instrument




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed