1,2,3
In die donkerte van onsekerheid, by die hoeke van verdwaal, staan sy met haar hande op haar knieë. Die trane soen haar seer, en die snik haar musiek, die vuiste van die lewe, hard geslaan op skouers van verdriet. Ek hoor as jy praat nog die meisie van ouds, ek sien nou die kind wat kon hardloop, in ‘n wild vreemde baan. Waar is jy heen? En hoekom kruip jy weg? Kom loer vir my hier, om die ou doring boom. Kyk deur sy takke van moedeloos se gluur, en rol in die gras, van toekoms se beste uur. Gaan speel en lag, waar jul vreugde vir jou wag, en sy liefde vir jou tel soos een, twee en drie..
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.