Kindwees
Waar word ons verbeelding begrawe? Waarheen verdwyn ons kindwees? Die skelm van die nag kom sonder waarskuwing en maak sy sakke vol. Nie ‘n traan word verlore terwyl hy slyp op trippe,trappe, tone, en ons moet opstaan met tyd se groot word geslaan teen die wang. Bring daai flits, en kom help my soek, ek bepaal my groot word, in hierdie lewens boek. Ek sal nog lag, en gaan nog speel, want kleintyd is die medisyne vir ‘n hart so heel.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.