OOMPIE FRANS
OOMPIE FRANS
bo-baas jagter van formaat
boesman van yster en plaat
stel geduldig sy ysters
da bydie waters
wa die djakkalas sy skapies vaskeer
die nag rol hy rond in sy kooi
die rooi swernoot bekruip sy prooi
lig oompie sy knopkierie hoog
slaan ‘n barshou met ‘n boog
en ou djakkie glip tussen sy bakbene deur!
© Barbara Smit – 28/04/2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek