Heilige Gees
In stilte se pad staar ek na bo, ek sien die vingers van Jou genade, die wolke ver uit stoot. Daar waar Jou aangesig vir die wêreld lê en staar, kan ek maar net glimlag oordat U my so bewaar. Die rooi en geel van Sy liefde straal, die son oor die horison, raak my hart se kamers, en smelt die winter vrees. Met elke tree en draai van die wiel, gesels die stem, ja, die Heilige Gees. My dag begin en ons is een, met geluk en geloof in die Here se seën!.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.