Beste Inkers
Hierdie maand ondersoek ons die genre van humor en komedie.
Digters:
Skryf ‘n humoristiese gedig in eie styl. Daar is géén voorskrifte nie behalwe dat die komies moet wees.
Verhaalskrywers:
Skryf ‘n komiese verhaal oor iets snaaks wat in ‘n kerk kan gebeur of wat jy reeds in ‘n gewyde atmosfeer ervaar het.
Rubriekskrywers:
Skryf ‘n rubriek met die titel: “Humor vir ‘n verslae gemoed”
Artikelskrywers:
Doen bietjie navorsing en deel met die leser die terapeutiese voordele van komedie vir die psige.
Gorrelskrywers:
Gorrel onder die titel: “Dit was gatskeur snaaks.”
Laat ons saam jou in Afrikaans lag.
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder
*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING